On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Business

Streng monetêre beleid - die minste van twee euwels

───   OLEBOGENG MOTSE 18:30 Thu, 20 Jul 2023

Streng monetêre beleid - die minste van twee euwels | News Article
Photo: Aubrey Larkins

Streng monetêre beleid en stygende rentekoerse is die minste van twee euwels wanneer inflasie hoog is.

Dit is die mening van Aubrey Larkins van Efficient Private Clients nadat die Reserwebank se monetêrebeleidskomitee besluit het om die repokoers onveranderd op 8,25% en die prima koers op 11,75% te laat.

Larkins sê hy glo nie dat die komitee die ekonomie doelbewus benadeel nie, want dit is ’n manier om te verseker dat die inflasiekoers nie dubbelsyfers bereik en buite beheer raak nie. 

LEES OOK: Rentekoers weer hersien

Hy verwys na Turkye waar die monetêre komitee toegelaat het dat sy inflasiekoers tot dubbelsyfers gestyg het.

LEES OOK: Hoër rentekoers, stadiger eiendomsmark

Voorheen het Efficient Private Clients die OFM Sakeuur ingelig oor hoe die internasionale aandelemark werk.

OFM Sakeuur

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.