Business
Kleinplaas Pype: Kwaliteit produkte vir jou boerdery of besigheid─── 08:20 Fri, 06 Jan 2023
Sponsored08:20 Fri, 06 Jan 2023Kleinplaas Pype in Potchefstroom is ‘n familiebesigheid en is alles behalwe klein! Hulle voorsien besproeiingsbenodighede aan enige groot besigheid, groot plaas of groot boerdery.
Kleinplaas Pype bestaan uit n fabriek en 'n winkel, maar is ook gefokus op dienslewering. In die fabriek het hulle vier masjiene wat swart besproeiingspype vervaardig, HDPE en LDPE pype, en ontvang hul binnekort ‘n vyfde masjien.
Die kwaliteitsbestuur op hierdie pype is van kardinale belang. Verder voorsien hulle alle soorte waterpype soos PVC pype, SABS-en riool pype. Ander produkte sluit in sproeiers, pompe, boorgattoerusting, water en voerkrippe, tenks, solarpompe, swembadtoerusting, kragopwekkers, Inverters en hardeware.
Hulle word beskou as ‘n koöperasie soos hul deur die jare gegroei het en met hul diverse verskeidenheid van verskaffers kan hul letterlik enigiets aan kliënte verskaf. Hulle is trots om te sê dat die fabriek en winkel kan voortgaan op sonkrag en dat hul nie meer deur beurtkrag beïnvloed word nie.
Kleinplaas Pype bestaan al vanaf 2005 maar destyds was daar slegs twee pypmasjiene en geen winkel nie - dis waar die Pype in hul naam vandaan kom. Daar was ‘n troeteldierwinkel langsaan waar Ferdie Huisamen, direkteur van Kleinplaas Pype, besproeiingspype verkoop het tussen die vissies en slange deur, en sou dan slegs een of twee pypbestellings per week ontvang het.
Vandag is Kleinplaas Pype baie geseënd met ‘n vol winkel langs die fabriek wat 24-uur, ses dae per week pype vervaardig.
Kleinplaas Pype kan kliënte bedien regoor Suid-Afrika, maar het ‘n uitvoerkode en kan dus uitvoer ook. Hul puik dienslewering eindig nie net met raad nie hul doen ook besproeiingsuitlegte maak nie saak hoe groot of ingewikkeld die projek is nie.
Kleinplaas Pype streef om ‘n gebalanseerde kultuur te skep vir hul personeel en kliënte sowel as gesonde verhoudings met verskaffers wat al vriende geraak het.
Hul is oop op weeksdae tussen 07:30 en 17:00 en op Saterdae vanaf 08:00 tot 13:00.
Adres: Elandsheuwel Distrik, Potch/Parys Road, R53,
Kontak Kleinplaas Pype op 018 290 6085.
Volg hulle op Facebook en Instagram.
En net so terloops, hul bure by Crossfit Ground Zero maak buitengewone lekker koffie om te geniet terwyl jy deur Kleinplaas Pype se winkel stap!
Yolanda Maartens het met Ferdie Huisamen, direkteur van Kleinplaas Pype, gesels oor al die soorte pype, pompe en besproeïng wat hulle bied. Luister hier: