On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Dieseltekorte kniehalter boere wat nou moet stroop

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 22:57 Thu, 18 Jun 2020

Dieseltekorte kniehalter boere wat nou moet stroop  | News Article

Boere trek aan die kortste ent weens die tekort aan diesel in die land.


Kobus van Zyl, 'n boer van die Allanridge/Wesselsbron-distrik in die Vrystaat, sê produsente sukkel om diesel in die hande te kry en daar word verskeie verskonings aangebied. Dit sluit onder meer in diefstal in die pyplyn van Durban na Johannesburg, terwyl raffinaderye aanvoer dat hulle sukkel om ru-olie in die hande te kry. Hy sê vir produsente is die situasie van so 'n aard dat hoe langer hulle wag om te stroop, hoe meer dok hulle op in rente. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê boere werk op krediet en hoe langer hulle wag om voort te gaan om hul gewasse te stroop, hoe meer rente betaal hulle. Hy sê boere wie se mielies uitdroog, verloor tussen 1,5% en 11% van die gewig van die mielies wanneer hulle dit lewer. Hoe droeër die mielies word, hoe meer geld verloor die produsent in die proses. 

Van Zyl sê hy het in Mei vanjaar diesel bestel, ‘n week voordat die brandstofprys gestyg het, en hy het sedertdien nog geen dieselvoorraad ontvang nie. Hy het ook reeds vir dié voorraad betaal, en verloor nou rente in die proses. 


OFM-nuus



Podcasts

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.