Agri Hour
Prys van lewende hawe op veilings styg─── CHRISTAL-LIZE MULLER 21:38 Wed, 06 May 2020

Die prys van lewende hawe wat vandeesweek op veilings behaal is, het vir die eerste keer in enkele weke 'n styging getoon. Dit is goeie nuus vir die bedryf.
Só meen Chris Derksen, wat weekliks op 'n Donderdag die veilingspryse wat op lewende hawe veilings behaal is, verskaf. Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. Hier is Derksen...
Sien onderstaande PODCAST
Veilingspryse vir beeste:
Speenkalwers onder 200kg - R31,21 per kg
Speenkalwers tussen 200kg-250kg - R29,01 per kg
Speenkalwers oor 250kg - R26,19 per kg
B-klas beeste - R22,55 per kg
C klasse vet koeie - R20,35 per kg
Maer koeie - R15,00 en R17,50
Slagbulle - R21,15 per kg lewend
Skape:
Stoorlammers - R33,00 per kg
Slaglammers - R31,50 per kg
Stoorskape - R25,11 per kg
Vetskape - R25,89 per kg
Bokke
Lammers - R35,00 per kg
Ooie - R22,05 per kg
Dit was Chris Derksen, 'n bekende in die veebedryf, met die jongste nuus in die vleisbedryf. Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.
OFM-nuus