On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Mpumalanga-boer glo in toekoms van nuwe tegnologie

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:42 Tue, 22 Oct 2019

Mpumalanga-boer glo in toekoms van nuwe tegnologie | News Article
Kallie Schoeman van Delmas in Mpumalanga.

‘n Vooraanstaande boer, wat oorspronklik in die Delmas-distrik in Mpumalanga boer, glo in die toekoms van nuwe tegnologie en in die rol wat genetika op plase kan speel.


Kallie Schoeman van Schoeman-boerdery meen ondanks die voortslepende droogte kan presisieboerdery en beskikbare tegnologie daartoe lei dat daar nie slegs op ‘n hektaar, maar op ‘n vierkante meter geboer kan word. Genetiese ontwikkeling dra ook by tot nuwe, droogtebestande kultivars wat beskikbaar is. Hy sê dit gaan bydra tot plante wat in swakker grond met ‘n lae PH kan groei, en groter opbrengste kan lewer. 

Schoeman, wat ook ‘n hoofsbestuurslid van Graan SA in die Delmas-, Heidelberg-, Springs- en Grootvlei-streke tot by Greylingstad is, sê indien tegnologie korrek aangewend word en die gebruik daarvan nie ‘n afskrikmiddel vir produsente is nie, kan Suid-Afrika ‘n voorspoedige landboubedryf hê.

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het op Agri SA se jaarkongres in Pretoria met hom gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus






Podcasts

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.