On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agri Hour

Rekordprys behaal vir Brahman-koei en kalf

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:34 Fri, 13 Sep 2019

Rekordprys behaal vir Brahman-koei en kalf | News Article
FOTO: Wayne Southwood

‘n Wit Brahman-koei met haar bulkalf het onlangs ‘n rekordprys behaal op dié genootskap se nasionale veiling, wat tydens die BKB Afrika lewende hawe ekspo in Parys in die Vrystaat gehou is.


Sietze Smit, rasdirekteur van die Brahman-telersgenootskap, sê dié koei is deur 'n jong teler van  Ladysmith in KwaZulu-Natal, Brett Pringle, aan Lourens en Irma du Plessis, direkteure van die Louma-boerdery vir R430 000 verkoop.  Die Louma-boerdery bestuur die Nedibest-Brahmanstoetery. 

Volgens hom is 290 haltermak diere en 130 nie-haltermak diere op dié ekspo vertoon. Die veiling het ook goed afgeloop met 26 Brahmantelers wat deelgeneem het. Altesaam ses bulle, uit die 14 bulle wat aangebied is, is verkoop teen 'n gemiddeld van R83 300. Volgens hom is 22 verse verkoop teen ‘n prys van R41 200 en al vyf koeie met kalwers wat aangebied is, is teen ‘n gemiddeld van R133 000 verkoop.


OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Smit gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Dit was Sietze Smit, rasdirekteur van Suid-Afrika se Brahman-telersgenootskap.

Luister weeksdae van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. Skakel weeksdae om 11:00 en 13:30 in op OFM vir jou landbounuusbulletins. Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar ‘n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.

Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.


OFM-nuus




Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.