On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agri Hour

Die Vrystaat is as ‘n droogterampgebied verklaar

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:30 Fri, 15 Feb 2019

Die Vrystaat is as ‘n droogterampgebied verklaar | News Article
Herman Meiring voorsitter van Bultfontein-distrikslandbou FOTO: Christal-Lize Muller

'n Regeringsafvaardiging, wat gelei is deur die Vrystaatse Premier, Sisi Ntombela, en die provinsiale LUR vir Landbou en Landelike Ontwikkeling, Benny Malakoane, het die Bultfontein-gebied in Tswelopele plaaslike munisipaliteit besoek.


Die doel daarvan was om eerstehands ‘n oorsig te kry van die plaaslike droogtesituasie. Verteenwoordigers van Agri SA, Vrystaat Landbou (VL) Graan SA en boere het van die geleentheid gebruik gemaak om die uitdagings, wat hulle weens die voortslepende droogte sedert 2015 in dié gebied ervaar, met die afvaardiging te deel.

Dít is gedoen deur ‘n voorlegging van die droogtesituasie regoor die provinsie, wat deur VL se bedryfsbestuurder, dr.Jack Armour, aangebied is. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het die geleentheid bygewoon. Sy het met Herman Meiring, voorsitter van Bultfontein-distrikslandbou, voor dié besoek gepraat…



Dit was Herman Meiring, voorsitter van Bultfontein-distrikslandbou slegs op OFM. Skakel Maandagoggend in op Before Dawn tussen 05:00 en 06:00 om te luister na die Vrystaatse Premier, Sisi Ntombela, se boodskap aan boere wat geraak word deur die droogte. 

Die LUR van Landbou in die Vrystaat, Bennie Malakoane, gee ook ‘n oorsig oor die droogtesituasie in dié provinsie, wat reeds as ‘n droogterampgebied, verklaar is.


OFM-nuus






@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.