Agri Hour
Slegs plaasmoorde- en aanvalle in landelike veiligheidstrategie gemonitor─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:26 Wed, 06 Jun 2018
Daar moet duidelik onderskeid getref word tussen ernstige geweldsmisdade op plase en kleinhoewes en dieselfde misdade in stede en dorpe.
Dit kom nadat die 71-jarige Marie Venter se bebloede lyk Saterdag in haar huis in Reitz in die Vrystaat gekry is.
Daarmeesaam is Kobus van Niekerk en sy vrou, Marelise, Sondag vroegoggend in hul plaashuis in die Reitz-distrik deur vyf mans aangeval en beroof.
'n Veiligheidsrisiko-ontleder van Vrystaat Landbou, Jane Buys, sê die aanval op Venter word nie in landelike veiligheidstrukture as 'n aanval op 'n plaas geklassifiseer nie.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Buys gepraat oor die nasionale landelike veiligheidstrategie en die tipe misdade wat in dié plan gemonitor word…
OFM-nuus