At Lunch
Vrystaat Kunstefees 2017 - AWO / Sarah / Ekstra chromosome is nie cool nie─── 13:32 Thu, 29 Jun 2017
Cyril gesels Albert Wessels Oudetorium optredes tydens vanjaar se Vrystaat Kunstefees met Shéri Brynard, van Ekstra chromosome is nie cool nie en Danny Moleko, hoofakteur van Sarah.
Sarah
Saartjie Baartman se reste is begrawe op ‘n heuwel in Afrika omsingel deur ‘n groen Devil’s Fork-heining. Destyds in Europa is sy bekyk, ontdek, bevoel, bedek en bewonder; meer onlangs in Suid-Afrika ook.
Sarah is ‘n besinning oor ’n teater, ? vertoning en ? akteur wat sinne opsê: ‘n slaaf van die rol wat vir haar gekies word en ? ou koei in ? diep sloot wat teen wil en dank opgegrawe is.
http://www.vrystaatkunstefees.co.za/events.aspx?EventID=1051
Ekstra chromosome is nie cool nie
Dit is 10 jaar later. Maryke is ’n tipiese tiener en haat elke oomblik saam met haar “nie cool” en gestremde tannie. Sy voel sy is haar babysitter. Libby moet dan aan haar probeer wys dat sy meer volwasse is met veel meer lewenskennis ten spyte van haar beperkinge.
Ekstra chromosome is nie cool nie is die opvolg van verlede jaar se vrynge-treffer Die hemel het ’n chromosoom laat val. En net soos die vorige toneelstuk is dit gevul met empatie, lag met ’n traan, versoening, vrese en aanvaarding van verskille.
http://www.vrystaatkunstefees.co.za/events.aspx?EventID=1240