On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Olebogeng
Listen Live Streams

Arts

PUK-Koor se 70ste bestaansjaar word met sang en geselligheid gevier

───   09:00 Thu, 17 Apr 2025

PUK-Koor se 70ste bestaansjaar word met sang en geselligheid gevier | News Article
Die 2024-koor. Foto: Facebook/NWU PUK-Koor/Choir

’n Naweek van nostalgie, samesyn en inspirerende koormusiek wag wanneer die NWU PUK-Koor einde vanjaar sy 70ste bestaansjaar vier.

Die reünie van 20 tot 23 November op die Potchefstroomkampus gaan die kersie op die koek wees van ’n opwindende jaar. 

Kobus Venter, koordirigent, sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te gesels oor hierdie wonderlike viering.

Die NWU PUK-Koor nooi met trots alle oudlede uit om deel te wees van ’n historiese viering ter ere van die koor se 70ste bestaansjaar. Die feestelike reünie vind plaas van 20-23 November 2025 op die NWU Potchefstroomkampus en beloof om ’n naweek van nostalgie, samesyn en inspirerende koormusiek te wees.

Die naweek skop Donderdagaand af met ’n formele konsert deur die 2025-Koor op Donderdagaand. Die reünie-koor, onder leiding van Awie van Wyk, Loretté du Toit en Kobus Venter, lewer ’n spesiale uitvoering op Saterdagaand met geliefde koorwerke en ’n nuwe komposisie.

Venter sê dié koor is ’n tradisie op die kampus. “Dit is merkwaardig hoe die koor bydra tot die studentelewe op die kampus.

“Hoewel studente hier is om te studeer, kom hulle ook op plekke waar hulle andersins nie sou kon nie. Dit gee studente die geleentheid om te groei as mens.”

Venter sê die koor is ook ’n plek vir studente om tuis te hoort. 

Belangstellendes kan registreer om meer inligting van die geleentheid te bekom deur die NWU PUK-Koor te kontak by puk-koor@nwu.ac.za. Alle oudlede word genooi om deel te wees van hierdie spesiale naweek. 

Vir verdere navrae, kontak: Kobus Venter by 0182992851 of puk-koor@nwu.ac.za.

OFM Nuus mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.