On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with OFM
Listen Live Streams

Arts

Paasfees-uitstalling in Klerksdorp vra wat as die donkie kon praat?

───   09:00 Tue, 01 Apr 2025

Paasfees-uitstalling in Klerksdorp vra wat as die donkie kon praat? | News Article
As die Donkie kon praat.

Min mense sien die belangrike rol van die donkie in Die Bybel en hierdie uitstalling wil die gesprekke rondom sy rol vestig en deur middel van kuns bewerkstellig.

Die donkie is ’n sentrale figuur tydens paasfees en sy nederigheid en eenvoud het The B-Gallery in Klerksdorp geïnspireer om die donkie ook die fokus van ’n besonderse uitstalling te maak. “As die Donkie kon praat” open 11 April by 6 Michaelstraat in Klerksdorp en Lizette Havenga nooi almal om die aand te kom ondersteun. 

Sy sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om die besonderse verhaal te deel waar die uitstalling ontstaan het.

Die uitstalling sal oop wees vir die publiek tot einde Junie en ‘n gedeelte van die verkope gaan aan ’n veilige hawe vir donkies in die omgewing oorhandig word.

The B-Gallery is die eerste kunsgalery in sy soort in Klerksdorp waar kunstenaars van omliggende gebiede hul werk kan uitstal. Die galery bied ’n aanlynplatform vir plaaslike kunstenaars om hul werk internasionaal te vertoon en sodoende ’n inkomste te genereer.

The B-Gallery in Klerksdorp. Photo supplied

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.