On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Arts

Puk-koor vier 70 jaar met spesiale reünie in Potchefstroom

───   KAREN VAN DER BERG 13:52 Fri, 21 Feb 2025

Puk-koor vier 70 jaar met spesiale reünie in Potchefstroom | News Article
Die NWU Puk-koor nooi alle oudkoorlede uit na die reünie wat in November vanjaar plaasvind. Foto verskaf

’n Naweek van nostalgie, samesyn en inspirerende koormusiek wag wanneer die Noordwes-Universiteitskoor einde vanjaar sy 70ste bestaansjaar vier.

Die reünie van 20 tot 23 November op die Potchefstroomkampus gaan die kersie op die koek wees van ’n opwindende jaar, sê Kobus Venter, koordirigent.

Hy sê dié koor is ’n tradisie op die kampus. “Dit is merkwaardig hoe die koor bydra tot die studentelewe op die kampus. Hoewel studente hier is om te studeer, kom hulle ook op plekke waar hulle andersins nie sou kon nie.”

’Gee studente die geleentheid om te groei as mens’

Dié jaar se koor berei juis voor vir ’n toer in Julie wanneer hulle ’n groot ’n groot deel van die land gaan platreis.

Venter sê die koor is ook ’n plek vir studente om tuis te hoort. “Koorlede voel tuis. Die musiek en konserte voeg soveel waarde by hul lewe. Dit gee studente die geleentheid om te groei as mens.”

Hy sê daarom is daar soveel opwinding oor die reünie. Die geleentheid begin die Donderdagaand met ’n formele konsert deur die  2025-koor, wat vir ’n opwindende opening van die feesvieringe sal sorg.

Die NWU Puk-koor vier vanjaar sy 70ste bestaansjaar. Foto verskaf

Die reüniekoor, bestaande uit oudlede, sal die Saterdagaand ’n spesiale uitvoering lewer, waartydens hulle ’n paar ou bekende koorwerke sowel as ’n spesiale nuwe komposisie, spesiaal geskryf vir die geleentheid, sal uitvoer.

Hierdie uitvoering sal plaasvind onder leiding van die ouddirigente Awie van Wyk, Loretté du Toit en deur Venter.

Foto: Facebook

“Dit is ’n unieke geleentheid om ou vriendskappe te hernu, saam te sing en kosbare herinneringe te herleef. Ons wil graag soveel as moontlik oudkoorlede bereik en nooi hulle uit om hierdie spesiale naweek saam met ons te herdenk.”

Belangstellendes kan registreer om meer inligting van die geleentheid te bekom deur Kobus te nader by puk-koor@nwu.ac.za. Dit sal help om kontakbesonderhede in te samel en belangrike inligting oor die naweek se program te deel.

OFM Nuus/Karen van den Berg mvh

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.