On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Arts

Jeanne-Louise en Elna vier vriendskap deur musiek by die Odeion

───   08:27 Tue, 21 Feb 2023

Jeanne-Louise en Elna vier vriendskap deur musiek by die Odeion  | News Article

Twee vriende en musikante, Jeanne-Louise Moolman, en Elna van der Merwe gaan kragte saamsnoer en n gratis konsert aanbied met keurige, gevarieerde stukke asook 'n spesiale opdragwerk deur Peter McLea.

In die OFM Kunsteklop gesels Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens met Jeanne-Louise Moolman oor hoe haar en Elna se paaie gekruis het en wat mense van hierdie besonderse vertoning kan verwag.

Jeanne-Louise Moolman is aangestel as altviolis van die Odeion Strykkwartet en Senior Lektor by die Odeion Skool vir Musiek in 2008. Sy studeer onder Alan Solomon aan die Universiteit van Pretoria, waar sy die BMus en BMus Hons-grade met lof verwerf het, en ook het in Salzburg onder Thomas Riebl gestudeer. Sy het die ATKV Forté en Oude Meester kompetisies gewen. In 1985 het sy die Universiteit van Natal se 75ste verjaardagprys gewen.

Elna van der Merwe was 'n voltydse begeleier en deeltydse klavierdosent aan die Konservatorium van die Universiteit Stellenbosch tot 2001. Sedertdien is sy 'n ad hoc-pianis en gesogte samewerkende kunstenaar vir plaaslike en internasionale kunstenaars. Sy het klavier en orrel aan die Universiteit Stellenbosch studeer en het verskeie toekennings, beurse en kompetisies gewen.

Die konsert vind plaas op 23 February 2023 by die Odeion en toegaan is gratis.


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.