Arts
OFM Kunsteklop: Sentraal SA se Antoinette Louw ontvang internasionale toekenning─── 08:17 Tue, 07 Feb 2023
Die bekende aktrise Antoinette Louw, 'n alumna van die Universiteit van die Vrystaat (UV) se Departement Drama en Teaterkuns, is onlangs by die Europese Internasionale Filmfees as 'Beste Aktrise' aangewys.
Die oud-Bloemfonteiner sluit aan by Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens om te gesels oor die toekening en deel ook advies met eerste jaar studente en diegene wat graag ook in die kunste wil werk.
Antoinette het dié toekenning behaal vir haar rol as Rachel in die film “The Fragile King”. Louw is bekend – onder andere– as Sara in die 2019-rolprent "Die Storie van Racheltjie de Beer" en as Inge van Schalkwyk, eienaar van die boetiek in die sepie "7de Laan".
Louw, wat haar graad in 1996 cum laude ontvang het, is tydens haar studentejare met verskeie toekennings bekroon. Om meer uit te vind oor Antoibette besoek haar Facebook blad.