Arts
OFM Kunsteklop: Karoohuis Teater skop hul eerste Spoorfees af!─── 20:38 Wed, 19 Oct 2022

Daar word binnekort groot makietie gehou op Fauresmith, dit na die Karoohuis Teater die nuus gedeel het dat hul eerste Spoorfees vanjaar op 5 November gaan plaasvind.
Daar word binnekort groot makietie gehou op Fauresmith, dit na die Karoohuis Teater die nuus gedeel het dat hul eerste Spoorfees vanjaar op 5 November gaan plaasvind.
In die OFM Kunsteklop gesels Mid-Morning Magic met Jacobus Silver oor alles wat mense kan verwag. Die bekende Suid-Afrikaanse musikant, Chris Chameleon sal die verhoog betree sowel as ander welbekende kunstenaars.
Die gewilde Puppetrix wat geskik vir alle ouderdomme is om 17:00 aan die beurt so bring die klein span saam.
Daar word ook n lantafel langs die treinspoor gedek sowel as heerlike kos stalletjies deur die dorp se restaurante en koskenners.
Dit gaan n fees wees! Lekker mense en lekker musiek, om meer uit te vind stuur n epos na jacobus.silwer@gmail.com of bel 071 603 7258. Vir kaartjies besoek Phoenix Productions.