On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agri Hour

VL pak vanjaar paaie en infrastruktuur aan

───   ELSABÉ RICHARD 05:00 Tue, 05 Jan 2021

VL pak vanjaar paaie en infrastruktuur aan | News Article
Foto: www.ndf.fi

Een van die fokuspunte waaraan Vrystaat Landbou (VL) in 2021 gaan aandag skenk, is paaie en infrastruktuur in die Vrystaat.


Die president van die organisasie, Franscios Wilken, sê die provinsie se paaie is in ‘n haglike toestand en die reën vererger die toestand van paaie verder. Wilken het dit bekend gemaak tydens ‘n onderhoud met OFM-nuus se Elsabé Richard oor wat die organisasie se planne vir 2021 is…

Sien onderstaande PODCAST

“As die paaie ordentlik in stand gehou word dan gaan hierdie reën nie soveel skade [veroorsaak] nie. So, dit is vir ons ‘n fokuspunt. Ons gaan baie aandag gee aan paaie [vanjaar],” sê Wilken.

Ander fokuspunte waarop VL vanjaar wil fokus is die onteieningswet wat onlangs ter tafel gelê is. Wilken sê die organisasie het ‘n paar bekommernisse rakende die wet wat hulle wil aanspreek. Hy voeg by dat die organisasie ook aandag sal skenk aan veiligheid sowel as veediefstal in die provinsie.

Daarmee saam het Wilken teruggekyk na die jaar wat verby is en het hy verduidelik dat landbou en produksie van die hoogtepunte van 2020 was.

Wat laagtepunte betref, sê hy is dit die aantal plaasmoorde wat plaasgevind het, veral gedurende September, Oktober en November. “As ons dink aan die situasie wat ons by Senekal gehad het, wat vir ons ‘n laagtepunt was aan die een kant, maar daar het ook hoogtepunte uitgekom. As ons kyk na die optrede van die minister en van die polisie in daardie omgewing gaan dit nou heelwat beter met polisiewerk daar,” verduidelik Wilken.

Hy voeg by dat veediefstal steeds ‘n ernstige bron van kommer bly. Hy sê die misdaad kom veral voor langs die Lesotho-grens. Wilken verduidelik dat die organisasie hoop om vanjaar aandag te skenk aan hierdie gedeelte van die provinsie wat gebuk gaan onder veediefstal.

Wilken sê boere wat belang stel om aan te sluit by die organisasie kan VL se kantore kontak en diegene wat onderseuning wil bied kan hulle naam SMS na 37846.

Intussen sê Wilken die nuwe jaar gaan baie uitdagend wees as gevolg van die Covid-19 pandemie, maar hy moedig boere aan om veilig te wees en nie op te hou om te produseer nie.



OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.