On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agri Hour

Getal volstruisprodusente neem af weens #droogte

───   ELSABÉ RICHARD 05:30 Mon, 12 Jul 2021

Getal volstruisprodusente neem af weens #droogte  | News Article
FOTO: southafrica.co.za

Voortslepende droogtetoestande in dele van die land, sowel as verhoogde produksiekoste, lei daartoe dat die getal volstruisprodusente in die land afneem.

Dit is volgens Piet Kleyn, hoof uitvoerende beampte van die Suid-Afrikaanse Volstruis-sakekamer. Kleyn sê egter dat daar nog heelwat produsente in droeër dele in onder meer die Noord-, Wes-, en Oos-Kaap, sowel as die Vrystaat, is. 

Sien onderstaande PODCAST

Ander volstruisprodusente is in die Suid-Kaap, met een produsent wat in Limpopo geleë is.

Baie van die volstruisboerderye spruit uit droë gebiede omdat daar min alternatiewe is om mee te boer. Dit, omdat daar nie baie waterbronne is om ander tipes produksie aan te pak nie.

Kleyn sê hierdie tipe boerdery is ook ‘n noodsaaklike boerdery in die droeër gebiede en baie gesinne is afhanklik van volstruisboerderye in hierdie gebiede.

"En as ek 'n dorp soos Oudtshoorn vat, met al die aktiwiteite wat rondom volstruise gebeur, is dit ‘n baie noodsaaklike bedryf vir ons streek," verduidelik Kleyn.


Gewildheid van volstruisprodukte in SA

Kleyn sê volstruisvleis het baie in gewildheid toegeneem as ‘n gesonde rooivleis in Suid-Afrika.

Daarmee saam is volstruisleer ook baie gewild, maar dit gaan nou saam met toerisme. Dit, soos volstruisleerartikels eintlik in die toerismebedryf bemark word. Maar weens die uitwerking wat Covid-19 op die toerismebedryf van die land het, het die verkoop van hierdie produkte groot skade gelei.

Volstruisvere is ook gewild in Suid-Afrika omdat dit baie wyd gebruik word.


Uitvoermarkte

“Op die oomblik het ons ‘n baie goeie vraag vir volstruisleer in die modehuise, van die bekende handelsname in Europa veral. Volstruisleer is baie gewild daar en hulle beskou dit as een van hulle belangrikste soorte leer in die reeks wat hulle het. So, dis ‘n baie belangrike uitvoerproduk vir ons.”

Suid-Afrika voer ook volstruisvleis uit – hoofsaaklik na Europa.

Kleyn sê daar is ander lande waarna die bedryf graag wil uitvoer, maar weens dieregesondheidsreëls mag die plaaslike volstruisbedryf tans nie na sekere lande uitvoer nie en mag die bedryf ook nie van sekere plase vleis uitvoer nie.

Kleyn doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om volstruisplase in Oudtshoorn te besoek omdat dit volstruisboere finansieël sal help.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.