On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Agri Hour

Pryse vir speenkalwers lyk steeds goed

───   05:00 Thu, 04 Mar 2021

Pryse vir speenkalwers lyk steeds goed | News Article

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, verskaf soos oudergewoonte die veilingspryse vir lewende hawe.

Hy versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik. 

Sien onderstaande PODCAST

Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg, teen R42,44 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R40,09 en speenkalwers oor 250kg het teen R37,31 per kg verkoop.

Ander veilingspryse vir beeste:

A-klas beeste
R27,47 per kg



B-klas beeste
R25,11 per kg



C-klas vet koeie
R23,67 per kg



Maer koeie
R21,60 per kg

Slagbulle
R24,88 per kg



Skape




Stoorlammers
R41,04 per kg



Slaglammers
R38,36 per kg



Stoorskape
R30,03 per kg



Vet skape
R27,77 per kg



Bokke




Lammers
R48,88 per kg



Ooie
R36,25 per kg




Intussen deel Derksen dat “dis baie interessant dat pryse so goed bly - die aanvraag bly baie goed. Dis interessant dat vet koeie nog steeds skaars is want so laat in die somer sal 'n mens dink hulle word volop maar hulle pryse is regtig goed”. Hy voeg verder by dat omdat ons nou in die speentyd beweeg, was daar 'n verwagting dat speenkalwers wat op die mark kom, die pryse sal raak - maar dit is nie die geval nie. 

"Die wonderlike uitvoermark wat die voerkrale van die land ontwikkel het, het ten minste R10,00 'n kg op speenkalfpryse gelaai," sluit Derksen af. 

Vir meer inligting besoek www.vleisprys.co.za.

 

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.