On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Reën in Namakwaland help, maar NK-droogte nie gebreek

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:00 Wed, 15 Jul 2020

Reën in Namakwaland help, maar NK-droogte nie gebreek | News Article

Daar is groot dankbaarheid oor welkome reën wat die afgelope naweek in talle winterreënvalgebiede asook in enkele somerreënvalgebiede van die Noord-Kaap verligting gebring het.


 ‘n Kouefront het die naweek deur die Wes- en Noord-Kaap beweeg en goeie reën het in verskeie droogtegeteisterde gebiede veral in die Noord-Kaap voorgekom. Dié kouefront het nou ook 'n stewige greep in die grootste gedeelte van die sentrale binneland met ysige toestande wat voorkom.  Boere in die droogtegebiede van die Noord-Kaap is vol hoop dat dié kouefront wat bibberweer veroorsaak ook nóg goeie reën tot gevolg sal hê. Danie Jacobs, Agri Namakwaland se voorsitter, sê daar is groot dankbaarheid vir die afgelope naweek se reën. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat...


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê sonder die wydverspreide reën van die afgelope naweek in die droogtegebiede van Namakwaland wat 'n winterreënvalgebied is, sou boere eenvoudig nie kon voortgaan met hul bedrywighede op plase nie. Kuddes is reeds uitgedun en diere word steeds ten duurste gevoer.  Jacobs sê dit is steeds 'n feit dat boere en hul diere swaartrek weens die droogtetoestande.  Dié  goeie reën en die vooruitsigte van nog reën laat 'n glimlag op boere se gesigte, veral wanneer hulle hul diere voer. Agterstallige koöperasierekeninge en die hoë koste van veevoer is dan vergete. Die reënvalsyfers van die naweek in die onderskeie gebiede bring hoop aan boere waarvan die meeste vir etlike jare ondergemiddelde reënval en selfs in ekele gevalle geen reën gehad het nie.  

Volgens Jacobs is sekere gebiede van die somerreënvalgebiede ook gelukkig gewees met kouefronte wat die afgelope twee maande reën gebring het.  Met dié kouefronte is tussen 25mm en 30mm reën in somergebiede gemeet. Daar sal wel enkele plase wees wat hoër reënvalsyfers gemeet het. Jacobs beklemtoon weer die dankbare gesindheid van boere in dié provinsie en glo vas dat weervoorspellings daarop dui dat 'n koue en nat winter aanleiding gee tot 'n goeie somer in terme van reën. Dit het boere uit hul ondervinding deur die jare opgemerk, sê hy.  

Jacobs beveel besoekers wat die Namakwalandse blommeprag wil aanskou om eers vir nou te wag, en nooi mense uit om steeds die gasvryheid van die Noord-Kaapse mense te kom geniet. As jy wil kom kuier en stories hoor en dankbaarheid oor reën wil sien kom kuier dan."   

Intussen bid boere steeds vir opvolgreën sodat die veld kan herstel en al het meer as die helfte van die natuurlike veldbosse gevrek weens die droogte, glo Jacobs sterk dat 'n nat seisoen voorlê.  Hy glo veevoer sal steeds aan diere voorsien word, maar in die winterreënvalstreek sal dit minder toegedien word, dit moet egter in ag geneem word dat die droogte in die Noord-Kaap nog geensins gebreek is nie, sê hy.


OFM-nuus


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.