On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agri Hour

Wees op uitkyk vir sprinkane, vra Agri Noord-Kaap

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:00 Thu, 12 Mar 2020

Wees op uitkyk vir sprinkane, vra Agri Noord-Kaap | News Article

Agri Noord-Kaap doen ‘n beroep op reisigers om die regering se depot, waar entstowwe aangehou word, in De Aar in kennis te stel wanneer hulle op nasionale paaie, veral in dié provinsie en die Oos-Kaap, ry en sprinkane gewaar.


Dit kom nadat sprinkane op enkele plase in die Richmond- en Hanover-gebiede en in grasvelde in Graaff-Reinet voorgekom het. Danie Jacobs, voorsitter van Agri Noord-Kaap, se komitee vir omgewingsake sê dit is 'n sporadiese sprinkaanplaag, wat nie 'n groot bedreiging inhou nie. Hy het bevestig dat sprinkane op ‘n betrokke plaas by Richmond uitgebroei het nadat dié plaas sedert Oktober verlede jaar goeie reën gehad het. Volgens hom hou dié plaag nie 'n groot bedreiging in vir gebiede wes van Williston en Pofadder nie, waar die droogte al vir sowat agt jaar voortduur. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Jacobs gepraat…


Sien onderstaande PODCAST


Hy sê uitbrekings word beheer deur die toediening van gifstowwe, wat in dié geval deur die regering verskaf word. Dié insekte kan maklik beheer en uitgeroei word tydens die eerste vier weke van sprinkane se ontwikkeling. Hy verduidelik wanneer sprinkane uitbroei, is hulle die eerste 24 uur spierwit en sit slegs op die nes waar hulle uitgebroei het. Daarom is hulle meer vatbaar vir gifstowwe. 

Daarna verander die sprinkaan se kleur na swart. Dit is dan wanneer hulle begin wei en teen die vyfde ontwikkelingstadium, wanneer die sprinkaan in ‘n “rooi baadjie” fase is en steeds ‘n voetganger is, kan dit nog beheer word. Wanneer dié insekte egter begin vlieg, is dit moeilik om hulle te beheer, sê hy.

Dit was Danie Jacobs, voorsitter van Agri Noord-Kaap se komitee vir omgewingsake slegs op Before Dawn. Die nommer wat gebel kan word wanneer sprinkane in die Noord-Kaap gewaar word, is 053-631-3621.


OFM-nuus





Podcasts

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.