Agri Hour
Nuwe tegnologie is die pad vorentoe─── CHRISTAL-LIZE MULLER 07:43 Mon, 02 Mar 2020
![Nuwe tegnologie is die pad vorentoe Nuwe tegnologie is die pad vorentoe | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/fr_2020327492.jpg?w=600&h=300&mode=crop&anchor=middlecenter&scale=both)
‘n Leierboer van die Potchefstroom-distrik in Noordwes glo kennis is mag en boere moet hul horisonne verbreed in ‘n poging om vooruit en volhoubaar te boer.
Tom van Rooyen, ‘n lid van die Senwes-direksie, het onlangs die Africa Agri Tech-konferensie en -ekspo in Pretoria bygewoon, juis omdat hy glo nuwe tegnologie in landbou is hier om te bly. Dié konferensie en ekspo het juis gefokus op nuwe tegnologie. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Van Rooyen gepraat en ook uitgevind oor landboutoestande in Noordwes…
Sien onderstaande PODCAST
Van Rooyen sê nuwe tegnologie in landbou moet oorweeg word om boere se winspotensiaal per eenheid in lyn te bring. Daar is hoë koste verbonde aan tegnologie en daarom is dit belangrik om goeie navorsing te doen sodat boere ingeligte besluite kan neem.
Hy sê daar is boere in sekere gebiede in Noordwes wat laat met hul mielie-aanplantings begin het, maar nadat dit gereën het, sien die situasie goed daarna uit
Dit was Tom van Rooyen, ‘n boer in die Potchefstroom-distrik en ‘n lid van die Senwes-direksie, slegs op Before Dawn.
OFM-nuus