On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agri Hour

Beste van Before-Dawn: #Droogte Honde in Namakwaland skrik vir reëndruppels

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:08 Thu, 19 Dec 2019

Beste van Before-Dawn: #Droogte Honde in Namakwaland skrik vir reëndruppels | News Article
#DroughtSA FOTO: Twitter

Veeboere in sekere dele van die Noord-Kaap kry baie swaar en die situasie is kritiek.

Die situasie het kommersiële en opkomende boere in kommuniale gebiede genoop om hul kuddes aansienlik te verminder. Hulle maak nou hoofsaaklik staat op veevoerskenkings. Danie Jacobs, voorsitter van Agri Namakwaland, wat tussen Springbok en Pofadder boer, sê droogtetoestande het in 2009 begin en ná 2012 vererger.

Die reën het toe in dié distrik weggebly. Dit het wel kol-kol gereën op sekere plase maar dit was te min. Jacobs sê dit het ook bitter min die afgelope naweek in dié distrik gereën en sy honde was skoon op hol weens ‘n paar reëndruppels. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gesels…


Podcasts

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.