On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agri Hour

Bultfontein boere plant sonneblom, plantvenster vir mielies gesluit

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 05:41 Wed, 09 Jan 2019

Bultfontein boere plant sonneblom, plantvenster vir mielies gesluit | News Article
FOTO: OFM-nuus

Min boere in die Bultfontein-gebied in die Vrystaat kon dié seisoen weens te min reën en die optimale planttyd vir mielies wat verby is, daarin slaag om dié gewas aan te plant.


‘n Boer van dié gebied, Jan Pienaar, wat ook die tesourier van die plaaslike distrikslandbouvereniging is, sê dit het verlede week kol-kol gereën, met min tot geen reën wat in die distrik se saaigebied geval het. 

Daar is boere wat dit gewaag het om mielies aan te plant en hierdie boere loop die risiko dat vroeë ryp hul oeste kan knou. Pienaar sê boere in dié gebied is nog in die proses om sonneblom aan te plant. 

OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Pienaar gepraat…



Dit was Jan Pienaar, ‘n boer van die Bultfontein-distrik in die Vrystaat. Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn. 


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.