Agri Hour
Vrystaat Landbou se jongboer-finaliste deel hul sieninge oor landbou in Suid-Afrika─── CHRISTAL-LIZE MULLER 05:49 Tue, 10 Apr 2018
Vrystaat Landbou se Jongboer van die Jaar word eerskomende Donderdag buite Bloemfontein aangewys.
Daar is vanjaar vier finaliste. OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met Hendrik Theron van die plaas Wolwekop naby Dewetsdorp en met Nelius Ferreira van die plaas Grootdraai naby Harrismith, oor onder meer dié kompetisie en die toekoms van landbou in Suid-Afrika, gesels.
Hendrik Theron
Nelius Ferreira
Ferreira, meen daar is ‘n toekoms vir boere in die land ondanks talle uitdagings.
Skakel môreoggend in op Before Dawn (05:00 tot 06:00) wanneer Christal-Lize Muller met die ander twee Vrystaat Landbou jongboer-finaliste, Reece Dedwith van die plaas Rockridge naby Parys, en Wessel Hattingh van die plaas Dipkraal naby Heilbron, praat.
OFM-nuus