On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Africa News

SA adjunk-president verwelkom leiers uit ballingskap

───   CATHY DLODLO 12:19 Sun, 12 Feb 2017

SA adjunk-president verwelkom leiers uit ballingskap | News Article
Cyril Ramaphosa/GCIS

Maseru - Suid-Afrika se Adjunk-president, Cyril Ramaphosa, gaan na verwagting politieke leiers van Lesotho, wat al meer as twee jaar in ballingskap was, terugverwelkom.


Woordvoerder, Ronnie Mamoepa, sê drie leiers – voormalige eerste minister Tom Thabane, Theselle Maseribane and Keketso Rantsho –  gaan na verwagting binne die volgende twee uur in Maseru aanland. 

OFM-nuus het met inwoners gepraat wat in afwagting van vroeg vanoggend af by die stadion langs die Maseru winkelsentrum saamtrek. Vreugdevure brand hoog ten spyte van die feit dat reën reeds in die stad begin uitsak het. 

Die leiers keer terug ná intense onderhandelinge wat deur Ramaphosa – as fasiliteerder van die SADC - gelei is. Hy is sedert Vrydag in Lesotho waartydens die finale reëlings vir die terugkeer van die leiers vasgemaak is.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.