Local News
Polisie vind R8 miljoen se dwelms by dwelmlaboratorium─── MARK STEENBOK 05:53 Fri, 14 Oct 2016
Rustenburg - Die Noordwes polisie sê dwelms met ter waarde van bykans R8 miljoen is Dinsdag in ‘n dwelmfabriek op ‘n plaas naby Rustenburg gevind.
Polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, sê die polisie het Dinsdagaand tydens 'n klopjag omstreeks 23:00 op die plaas by Boons, afgekom.
Hy sê ‘n 54-jarige vrou wat na bewering die dwelmlaboratorium bedryf het is aangekeer. Mandrax-tablette en chemikalieë wat gebruik word om ander dwelmmiddels te vervaardig is gevind.
Mokgwabone sê die waarde van die dwelms kan moontlike vermeerder. ‘n Klag van omkopery word ook teen die vrou ondersoek.
“Toe die polisie by die betrokke plaas aangekom het was die hekke gesluit. Terwyl hulle gewag het dat iemand die hekke kom oopsluit, het hulle twee mans sien weghardloop. Hulle het toe ondersoek gaan instel en ondek dat die plek as dwelmlaboratorium gebruik word. Die eienaar van die plaas is inhegtenis geneem en aangekla vir die oortreding van die Wet op Dwelmmiddels, Wet 140 van 1992,” sê Mokgwabone.
Sy sal na verwagting vandag in die landdroshof op Koster verskyn.
OFM-nuus