Local News
Wimpie Steyn oorlede─── 06:52 Tue, 04 Aug 2015
Bethlehem - Die Springbok-senter Frans Steyn is vrygestel uit die Springbok-groep nadat sy broer gisteroggend oorlede is.
Wimpie Steyn se pa, Piet, wat in die Bethlehem-distrik boer, het aan Netwerk24 gesê daar is baie vrae oor sy seun se dood.
Die 31-jarige Wimpie het vir 'n rekenmeestersfirma in Bethlehem gewerk, maar vanjaar verder in bemarking en sakebestuur aan die Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein begin studeer.
Wimpie het die naweek by sy ouers op hul plaas gekuier.