Local News
Yolandé Korkie, kinders op pad na mediakonferensie─── 10:21 Tue, 09 Dec 2014
Bloemfontein - Bloemfonteinse prokureur Daan Nortier sê Vrydag was hy deurentyd in gesprek met Yolandé Korkie.
Nortier is die Korkies se segsman wat media hanteer.
Hy sê alles is gedoen in die verwagting dat Pierre veilig na Suid-Afrika sou terugkeer. Dit is juis waarop hy himself voorberei het. Die feit dat hy nou media navrae moet hanteer oor Pierre se dood is vir hom baie sleg.
Media is saamgetrek by Gift of the Givers se pakhuis in Johannesburg.
Nortier het vanoggend in Johannesburg aangekom.
Yolandé en die kinders, Pieter-Ben (17) en Lize-Marie (15) is op pad na die mediakonferensie van die Waterkloof-lughawe af waar Pierre se oorskot vanoggend met 'n vlug aangekom het.
Sy oorskot is aan die Suid-Afrikaanse owerhede en die gesin oorhandig.
Christal-Lize Muller/OFM-nuus