Local News
Hennie Smit steeds ernstig siek─── 10:04 Thu, 25 Sep 2014
Johannesburg - Die bekende akteur en sanger, Hennie Smit (Bertie in Egoli) wat tans die rol speel van Dêda in Lefra Produksies se MY BOETIE SE SUSSIE SE OU, is twee weke gelede in die hospitaal opgeneem vir dubbele longontsteking, asma en ‘n fraktuur aan sy ribbes.
Die gebreekte rib het ongelukkig verlede week sy long geperforeer wat ander komplikasies tot gevolg gehad het.
Hennie word tans in die Hoësorg Eenheid van Die Wilgers Hospitaal in Pretoria behandel. Die hospitaal het sy toestand as ernstig, maar stabiel beskryf.
Frans Swart, regisseur van MY BOETIE SE SUSSIE SE OU en Hoof Uitvoerende Beampte van Lefra Produksies sê dat Hennie ongelooflik gewild is in MY BOETIE SE SUSSIE SE OU.

"Na ‘n paar moeilike jare nadat Egoli klaar gemaak het, was hierdie groot rol net die ding wat Hennie nodig gehad het. Hy het werklik so geblom die laaste sewe maande. Hy is ‘n ongelooflike akteur en die rol van DEDA pas hom soos ‘n handskoen en hy het aand na aand staande toejuigings van die gehore ontvang. Ons mis Hennie vreeslik in BOETIE en hoop en bid vir hom dat hy volkome sal herstel om weer sy plek te kom volstaan in MY BOETIE SE SUSSIE SE OU,” het Swart gesê.
Jarelange vriendin en sangeres, Arina de Witt, wat Hennie bystaan in die hospitaal, sê dat Hennie ‘n wonderlike mens is. “Ons het onlangs ‘n nuwe toneelstuk saam geskryf, AS DROME VLERKE KRY, wat ons beplan om saam op te voer. Hennie was so opgewonde oor die produksie en juis daarom glo ons dat hy volkome sal herstel,” sê Arina
Aangesien Hennie volksbesit is en soveel mense so lief is vir Hennie Smit, wil mense hom graag besoek. Dit is egter nie nou prakties nie aangesien hy in die Hoësorg Eenheid behandel word. Swart het onderneem om op ‘n daaglikse basis ‘n verslaggie op Lefra se Facebookblad te plaas waar mense kan gaan lees wat Hennie se vordering is. Lefra se Facebookblad kan gevind word by: https://www.facebook.com/groups/48129339819/
Regisseur, Frans Swart, moes inderhaas inspring om die rol van DEDA oor te neem by die Staatsteater in Pretoria sowel as by die Nasionale Teater van Namibië in Windhoek. Swart sê hy reken dat hy ook nog die rol sal moet speel vir die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees van 7-11 Oktober.

“Maar ons het nog ‘n hele paar speelvakke en DEDA wag vir Hennie Smit – sodra hy uit die hospitaal is.”
Lefra Media verklaring