On Now
Weekends 20:00 - 22:00
Sunday Night Nadine
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Tolvrye nommer vir slagoffers van aardbewing in werking

───   OWEN KOCK 08:42 Tue, 12 Aug 2014

Tolvrye nommer vir slagoffers van aardbewing in werking | News Article
Owen Kock
Orkney - Die Noordwes provisiale regering het gister hul tolvrye hulplyn vir slagoffers van verlede week se aardbewing bekend gestel.
 
Die episentrum van die skudding, wat 5.5 op die Richterskaal gemeet het, was in die Orkney-omgewing.
 
Noordwes-premier Supra Mahumapelo het verlede week aangekondig dat die hulplyn daargestel sal word om inwoners wat skade gelei het as gevolg van die aardbewing te help.
 
Regeringswoordvoerder, Bonolo Mohlakoana, sê die nommer - 0800 22 22 70 - kan van Maandae tot Vrydae tussen 08h00 en 16h30 geskakel word.

Intussen het die Noordwes regering verskeie dele van die provinsie tot rampgebied verklaar.
 
Die aardbewing het verwoesting gesaai in gebiede soos Khuma, Jouberton, Vaal Reefs, Kanana en Tigane in die Matlosana-munisipaliteit. Sekere dele in die Ramotshere Moila-munisipaliteit is ook tot rampgebied verklaar.


Podcasts

Bonolo Mohlakoana:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.