Local News
Naptosa veroordeel Dr. Viljoen haatspraakvoorvalle─── OWEN KOCK 14:48 Fri, 25 Jul 2014
Owen Kock
Bloemfontein - Onderwysvakbond Naptosa het die voorvalle van rassisme en haatspraak by ‘n Bloemfonteinse skool ten sterkste veroordeel.
Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie, personeel en die skoolhoof van Dr. Viljoen-gekombineerde skool aan haatspraak skuldig bevind het.
Volgens Naptosa se uitvoerende hoof vir die Vrystaat en Noord-Kaap, Louwrens Strydom, behoort alle onderriginstellings sentrums van versoening, transformasie en nasiebou te wees.
Strydom sê die Naptosa-lede by Dr Viljoen het hul volle samewerking aan die kommissie verleen en is onskuldig bevind.
Louwrens Strydom: