Local News
Don Steenkamp bestendig in Mediclinic Kby─── LANI LANI 15:25 Mon, 29 Jul 2013
Lani Fouché
Bloemfontein - Don Steenkamp, die pa en oupa van Deon, Christel en Marthella Steenkamp wat verlede jaar op hul plaas buite Griekwastad vermoor is, is steeds in die intensiewe-sorgeenheid in Kimberley na sy beroerte verlede week.
Volksblad het berig dat dit sy derde beroerte was sedert die moord op die Steenkamp-gesin.
Mediclinic Kimberley-woordvoerder Denise Coetzee het vandag aan OFM-nuus gesê hy is nie meer in 'n kritieke toestand nie, maar bestendig.
Intussen gaan die moordverhoor in September voort waarin 'n minderjarige teregtaan op aanklagte van moord, verkragting en regsverydeling nadat die drie Steenkamps in April verlede jaar dood op hul plaas Naauwhoek aangetref is.