Agri Hour
Kundiges praat oor landbou se rol om nasiebou te bevorder─── CHRISTAL-LIZE MULLER 06:54 Wed, 05 Jun 2019
Die rol en bydrae van landbou om nasiebou te bevorder kom vanaand onder die loep tydens ’n paneelbespreking by die Universiteit van die Vrystaat.
Die bespreking word deur VKB en Food For Mzansi aangebied. Belangstellendes kan die bespreking gratis om 19:00 in die Equitas-ouditorium op die Kovsie-kampus bywoon.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller praat nou met Dawn Noemdoe, die redakteur van FoodForMzansi.co.za., en dr. Frikkie Maré, hoof van die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV). Maré is een van die besprekers.
Dit was Dawn Noemdoe, die redakteur van FoodForMzansi.co.za., en dr. Frikkie Maré, hoof van die departement landbou-ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) slegs op OFM.
Luister Maandag tot Vrydag van 05:00 tot 06:00 na Gerben van Niekerk op Before Dawn.
Bel vir Christal-Lize Muller met jou landbounuus by (051) 5050-953 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.
Om na insetsels te luister gaan na www.ofm.co.za, kliek op Agriculture, News en Before Dawn.
OFM-nuus