Agri Hour
Johan Eustace aangewys as Voermol se Beesboer van die Jaar─── CHRISTAL-LIZE MULLER 07:00 Thu, 15 Nov 2018
John Eustace van die Underberg in KwaZulu-Natal is as Voermol se Beesboer van die Jaar aangewys.
Eustace is van die plaas Moyeni. Hy en sy pa, Patrick, boer suksesvol saam en was aanvanklik hoofsaaklik veeboere, maar het later uitgebrei en gewasverbouing maak nou sowat 40% van hul boerderyinkomste uit. Hulle boer ook met skape.
OFM-nuus se Christal-Lize Muller het met hom gepraat…
Dit was John Eustace van die Underberg in KwaZulu-Natal wat in Voermol se nasionale Skaap- en Beesboer van die Jaar-kompetisie in die beesafdeling koning gekraai het. Die ander finaliste in dié afdeling was Peter-John Hassard van Hlabisa, Hluhluwe, ook in KwaZulu-Natal, en Mark Anderson, ook van die Underberg-gebied.
Om na ander insetsels te luister gaan na ofm.co.za, kliek op News, Agriculture en Before Dawn.
OFM-nuus