On Now
Weekends 05:00 - 06:00
Opstaan Anny
NEXT: 06:00 - 09:00 Weekend Breakfast with Gerben and Anny
Listen Live Streams

Yellow Door

Annie Malan deur die sleutelgat

───   06:00 Fri, 03 May 2013

Annie Malan is ‘n bekende aktrise en model. Sy besit ook ‘n uiters suksesvolle direkte bemarkingsakeonderneming.


Watter sintuig speel die grootste rol in jou lewe
Definitief my sig,ek is 'n visuele luisteraar en het ook nodig om alles neer te skryf as ek luister. As mens baie werk met die blindeskool in Worcester, soos dit al my voorreg was, dan besef jy die genade om te kan sien is groot. Natuurlik as vrou en as aktrise is my sesde sintuig altyd my skaduwee.

Beste kinderherinnering
My pappa wat vir my lekkers gee nadat ek slegte medisyne moet drink…. En my mamma wat my winkels toe vat om my gaatjies in my ore te laat skiet vir oorbelletjies!

Death row maaltyd
Kan ek nie eerder 'n laaste lekker vry vang met die een wat ek liefhet nie?... “bloos”…. 'n Egte Franse Croissant

Jou grootste tekortkoming
Ek het geen geduld nie. As mens “rat-race” – fiks is wag jy moeilik vir ander. Gelukkig weet ek hoe om wysheid aan te wend rondom my tekortkoming.

Kosbaarste besitting
My hart vol liefde wat altyd wil gee en uitdeel…. My foto's wat voor die digitale era geneem is met spaarsamige film…

Wat verveel jou
Mense op partytjies wat te veel gedrink het en hulself herhaal met stories of grappies….

Die trotsste oomblik van jou lewe
Toe ek hoofmeisie geword het van Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria. Elke dag as ek iemand sien presteer en ek kon iewers hulle opbou of help daarmee…

Noem een ondeug
Ek neem die lewe ernstig op. Alles is soos 'n skaakspel. Skaak het streng reëls.

Wat maak jou bang 
Ek het 'n fobie van kleintyd af vir 'n spesifieke dier wat ek nie gaan deel met julle nie …. Want dis hoe bang ek is daarvoor…. Ek glo om enige ander vrees te oorkom en te omhels. By jou grootste vrees skuil jou grootste geleenthede.

In watter land, buiten SA sou jy graag wou woon en hoekom
Ek is verlief op Frankryk. Parys, Avignon, Die Suide, et al! Seker maar oor ons voorvaders voor 1652 vandaar af kom – Malans kom uit Frankryk uit. Ek voel regtig 'n konneksie met die plek en die mense. Ek studeer Frans deeltyds en het 'n paar besigheidskontakte en vriende in Parys. Vive la France!

More from Yellow Door

You May be Interested in

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.