National
Padvervoer-vakbonde en werkgewers sit salarisonderhandelinge voort─── 08:42 Wed, 26 Sep 2012
Pretoria - Padvervoer-vakbonde en werkgewers sal vandag salarisonderhandelinge voortsit ten einde 'n landswye staking deur sowat 20 000 werknemers te beëindig.
Woordvoerder vir die SA Transport and Allied Workers Union, Vincent Masoga, sê geen ooreenkoms kon gister bereik word nie.
Die jongste aanbod van werkgewers beloop 8,5 persent, terwyl vakbonde op 'n 12 persent salarisverhoging aandring.
Salarisonderhandelinge, wat reeds vroeg Junie begin het, het Maandag 'n dooiepunt bereik.
Intussen het stakende vragmotorbestuurders gister verbygaande vragmotors in die Johannesburgse middestad met klippe bestook. Niemand is in die voorval beseer nie.
Sapa