#takenote
SPLINTERNUUT: Karen Zoid - Vir Jou─── 09:55 Fri, 04 Aug 2017
![SPLINTERNUUT: Karen Zoid - Vir Jou SPLINTERNUUT: Karen Zoid - Vir Jou | News Article](https://oscar.ofm.co.za/img/fr_201784101034.png?w=600&h=300&mode=crop&anchor=middlecenter&scale=both)
Wees eerste om Karen Zoid se nuwe enkelsnit te hoor
KAREN ZOID – NUWE ALBUM: OP DIE OOMBLIK – Deel Een.
Dit is 6 jaar vandat Zoid laas `n Afrikaanse solo-album uitgereik het. Sedertdien het sy met haar TV-program, vier Republiek van Zoid Afrika-samewerkingsalbums en 27 iTunes No.1-treffers groot sukses behaal.
Karen Zoid se nuwe album ‘OP DIE OOMBLIK’ is die eerste deel van drie verskillende hoofstukke in Zoid se nuwe liedjieboek. Zoid se super-gelaaide rock energie en haar vermoë om ook onvoorspelbare en soms selfs die mooiste delikate liedjies te skryf, raak al vir jare aan TV- en konsert-gehore se harte – én senuwees! Hierdie diversiteit wys op die album soos die liedjies wissel tussen klassieke rock, kragtige ballades, asook tong in die kies en diep, sielvolle komposisies – in ware Karen Zoid styl.
Bo en behalwe die uitreiking van die album, is daar ook nog twee opwindende datums om na uit te sien: Op 20 Augustus saai kykNET en ShowMax `n kortfilm van Karen Zoid uit. Die film is ‘n visuele album.
Zoid maak op 24 Augustus weer geskiedenis deurdat sy die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaar gaan wees wat `n visuele album op iTunes gaan uitreik. Internasionale kunstenaars wat al soortgelyke visuele albums uitgereik het sluit Beyonce, Drake en Brad Paisley in.
Snitte OP DIE OOMBLIK – deel een:
- Vonkelvrou.
- Vir Jou.
- Dames en Here.
- Maak dit of breek dit .
- Weg wereld.
- Vertaal.
- Giant Mistake (bonus snit) met Kahn Morbee van The Parlotones.
Album op iTunes vanaf 11 Augustus en in winkels 1 September.
Enkelsnitte beskikbkaar op iTunes:
VIR JOU - Vrydag 4 Augustus. https://itun.es/za/RBWzlb
Sosiale media:
Instagram: https://www.instagram.com/karen_zoid/?hl=en
Twitter: @karenzoid
Facebook: https://www.facebook.com/pages/Karen-Zoid/10388591164?fref=ts
PERSVERKLARING VERSKAF - LK Mediabook