On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams
Ekspo vir nywerheids-, selfdoen- en tegnologie-entoesiaste!

Ekspo vir nywerheids-, selfdoen- en tegnologie-entoesiaste! Venue: Flamwood Walk, Klerksdorp

Maak gereed vir die Bolt & Engineering Industrial & Technology Expo op 6 en 7 November 2024 by Flamwood Walk in Klerksdorp. Dit is Klerksdorp se voorste geleentheid vir professionele persone in die industriële en tegnologie sektore!

Mid-Morning Magic met Yolanda Maartens sal Woensdag, 6 November, vanaf 09:00 to 12:00 vanaf die ekspo uitsaai gevolg deur Gerben van Niekerk en die Pop Up Radio span, 12:00 tot 16:00.

Wat om te verwag:

  • Uitstallers: Verken 'n wye reeks produkte van top industriële verskaffers; alles beskikbaar teen spesiale ekspo-pryse. Ontdek die nuutste innovasies wat jou besigheid na die volgende vlak sal neem.
  • Netwerkgeleenthede: Ontmoet mede-professionele persone, ruil idees uit en bou waardevolle verhoudings wat jou besigheidsvooruitsigte kan verbeter.
  • Ontmoet die legendes: Vryf skouers met oud rugbyspelers en gewilde vermaaklikheidspersoonlikhede.

Om die Bolt & Engineering Industrial & Technology Expo by te woon, moet jy aanlyn registreer: tickets.onematch.online/bed/bedexpo/



View All

News

Joe Biden se kwytskelding van sy ‘probleemseun’ oorskadu Angola-besoek

Die agenda van Amerika se pres. Joe Biden se eerste besoek aan Suider-Afrika word oorskadu deur sy verrassende kwytskelding van sy “probleemseun”, Hunter Biden.  Read More


Namibië verleng omstrede verkiesing tweede keer

Die Verkiesingskommissie van Namibië het besluit om 36 stemlokale Vrydag (29/11) en Saterdag oop te hou ná kritiek.  Read More


Israel wil appelleer teen lasbriewe vir Netanyahu, oudminister

Israel sal appelleer teen die Internasionale Strafhof (IS) se lasbriewe vir die inhegtenisneming van sy premier en oudminister van verdediging.  Read More


Mosambiek-geweld: Samesprekings moontlik; slagoffers gegroet

Die opposisiepartyleier in Mosambiek se presidensiële verkiesing het die huidige president se aanbod aanvaar om by samesprekings met hom en drie ander kandidate aan te sluit.  Read More


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.