
Outside broadcast: 16 – 19 May 2023
Gates open 07:00 and close 17:00
Sluit by OFM aan by Graan SA se NAMPO Oesdag 2023 – want dit gaan “boerse lekker” wees!
Kry jou kaartjies vooraf by Ticketpro of by die hek.
OFM saai elke dag regstreeks vanaf NAMPO Park uit. Mid-Morning Magic (09:00 – 12:00) en At Lunch (12:00 – 15:00) bring jou die nuutste gebeure vanaf die ekspo bring met 'n bykomende toegewyde Agri Uur, 11:00 tot 12:00.
Kom groet gerus die span en kom koop 'n oulike aandenking by OFM CLOSET, ons waentjie winkel op die perseel.
Gereelde verkeer-, weer- en program- opdaterings sal verseker dat jy voorbereid is vir elke dag by NAMPO Oesdag om jou ervaring so onvergeetlik as moontlik te maak.
The Eye in the Sky, met ‘n uitsig vanaf die lug oor die verkeer rondom NAMPO Park, sal reisigers ook elke oggend, 06:45 en 07:15, inlig oor die jongste verkeersnuus.
Hou ‘n oor op OFM en hou die terrein dop vir OFM aanbieders wat verskeie stalletjies deur die week sal besoek.
Sedert sy ontstaan was die NAMPO Oesdag die leier in die tentoonstelling van landbou-innovasie en die verskaffing van daardie eenstop-platform aan landbou-entoesiaste in Suid-Afrika. Na 'n uiters suksesvolle en langverwagte terugkeer na die landboukalender verlede jaar, beloof die 2023 NAMPO Oesdag om weereens alle verwagtinge te oortref!
Die tema “Innoverende Landbou” bevestig die positiewe rol wat aan die Oesdag toegeskryf word en die bydrae daarvan tot die toekoms van landbou. Dit sal landbou se nuutste tegnologie, masjinerie, innovasies en produktiwiteitsoplossings ten toon stel.
Baie uitstallers het hul NAMPO-aanbieding opgegradeer en uitgebrei en nuut geplaveide paaie sal die verspreiding van voete op die park verbeter. Die nuwe wapens en buitelugklere-aanbiedinge is bygevoeg met die insluiting van nuwe uitstallers. Nuwe buite-uitstalruimtes aan die suidekant van die terrein bring die totale aantal uitstallers op meer as 800 te staan. ’n Nuwe koffiekroeg sal enige koffieliefhebber se aptyt bevredig en bied ’n ontspanne sitkameratmosfeer geleë aan die suidekant by Hek 2.
Die lekkerny-stalletjies is na die NAMPO Padstal geskuif en bied besoekers die varsste en lekkerste lekkernye. NAMPO se kosstalletjies het ook uitgebrei, wat steeds nie-winsgewende organisasies soos skole, kerke en gemeenskapsorganisasies bevoordeel. 'n Eksklusiewe restaurant, wat aan uitstallers die geleentheid sal bied om tafels vir kliëntebesprekings te bespreek, is by die Fanie Ferreira-saal gevoeg.
Die AFGRI Damesprogram is geskuif om beter sigbaarheid te verseker en beloof pretbelaaide oggende met bekende persoonlikhede soos sanger Chris Else wat optree, Mynhardt Joubert wat die vermoë ten toon stel om 'n maaltyd in kleur voor te berei en aan te bied, en Willem Botha wat vir die skoner geslag se tower-transformasies sal sorg.
Die tradisionele NAMPO-gunstelinge wat steeds deel van die program is, sluit in die gewilde 4x4-voertuigdemonstrasies op die Standard Bank 4x4-baan en die Avontuurbaan vir sy-aan-sy-, motorfiets- en quad-roetes. Die bekende Boerepatentekompetisie met Omnia & Landbouweekblad spog met verskillende afdelings vir inskrywings en is 'n uitstalling wat nie misgeloop moet word nie. Die saadpersele aan die oostekant van die park bied 'n uitsig oor graan- en voergewasse en grassoorte van SA se voorste saadmaatskappye.
Die Nasie in Gesprek gewilde gespreksforum bring rolspelers in die landbousektor bymekaar om oor plaaslike en internasionale kwessies te besin. Die gesprekke wat lewendig tydens NAMPO verfilm word en ongeveer 80 gaste in die gehoor akkommodeer, word ook regstreeks op verskeie platforms gestroom.
Die vee-afdeling sluit beeste, skape, varke en bokke in, wat byna 100% van die groot- en kleinveerasse verteenwoordig, sowel as miniatuurperde. Daaglikse vee-uitstallings word ook by die TAU Lewendehawe-arena geskeduleer waar alle standaard bek-en-klouseer-protokolle gevolg sal word.
Vanjaar het NAMPO Oesdag ten doel om die NAMPO-droom van ouds werklik te verwesenlik. Die 2023 NAMPO Oesdag is beslis 'n hoogtepunt op die landboukalender en bied aan besoekers die ideale platform om met die landboubedryf se top rolspelers en verskaffers te netwerk, vriendskapsbande te versterk en bowenal te kom geniet wat hierdie unieke en steeds groeiende landbouskou offer, alles op een plek.
Kaartjies is beskikbaar by TicketPro met afslag fooie vir aanlyn aankope. Hekke open om 07:00 en sluit om 17:00. Roete-aanwysings sowel as besonderhede oor die private vliegveld verskyn op die webwerf en die NAMPO-toep. Geen troeteldiere, fietse, selfaangedrewe karre of motorfietse sal op die perseel toegelaat word nie. Besoekers kan die vervoerkarretjies wat deur die loop van die dag langs drie verskillende roetes op die terrein beweeg, gratis gebruik.
NAMPO 2023 ikone en kunswerk beskikbaar vir aflaai op die volgende skakel: https://bit.ly/42QBEO0
Vir meer inligting, besoek die webwerf by www.nampo.co.za of laai die NAMPO-toepassing van jou voorkeuraanlynwinkel af.