On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams
Sien jou by die eerste NAMPO ALFA-ekspo!

Sien jou by die eerste NAMPO ALFA-ekspo! Venue: NAMPO Park, Bothaville

Die twee grootste rolspelers in die veebedryf, Graan SA en ALFA, gaan van 29 September tot 1 Oktober 2022 die heel eerste keer die NAMPO ALFA Lewendehawe-, Jag- en Buitelewe-ekspo op NAMPO Park, net buite Bothaville, aanbied.

OFM is die troste amptelike mediavennoot van die ekspo en sal regstreeks vanaf NAMPO Park uitsaai op Donderdag, 29 September en Vrydag, 30 September vanaf 12:00 tot 15:00, en Saterdag, 1 Oktober vanaf 09:00 tot 12:00.

Jy kan ook hier jou #BakkieArm kom koop vir 'n donasie vanaf R100 - fondse gaan aan Agri Securitas. Lees meer: https://bit.ly/OFMBakkieArm.

Met ‘n groot verskeidenheid uitstallers in die lewendehawe-, jag- en buitelewe-industrieë, beloof die ekspo om vir lewendehawe- en natuurliefhebbers, jagters, avontuurlustiges en natuurlik die adrenalienverslaafdes ‘n fees te wees. Jy sal ’n volwaardige skietbaan met demonstrasies kan geniet, 4x4-voertuie op ’n praktiese roete kan bestuur, en die nasionale veldren met bekende renjaers in aksie kan sien. Daar sal ook van die beste diere in die land te sien wees en jy sal vleis kan proe van verskillende rasse.

Kaartjies is beskikbaar by ticketpros.co.za.


View All

News

Trump staak befondsing hangende ondersoek na SA grondbeleid

Die Suid-Afrikaanse regering sê hy sien uit daarna om met die Amerikaanse president Donald Trump in gesprek te tree ná bewerings dat die staat grond opsetlik konfiskeer.  Read More


Magdom Palestyne keer terug na Gasa

Tienduisende Palestyne het na die noorde van Gasa begin terugkeer nadat Hamas ingestem het om later vandeesweek drie Israeliese gyselaars te oorhandig.  Read More


Sukses in Afrika noop verdere gebruik van malaria-entstof

Afrika se stryd teen malaria het ’n hupstoot gekry nadat miljoene dosisse van die entstof dwarsoor die vasteland afgelewer is.  Read More


‘Deur God gered’ – Trump op inhuldiging

Soos wat Amerikaners die eerste volle dag van die nuwe Trump-administrasie begin, moet hulle ’n vlaag uitvoerende bevele verwerk wat onderteken is binne ure nadat pres. Donald Trump Maandag (20/1) die...  Read More


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.