On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Gerben
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams
Bethlehem Voortrekker High School celebrates 120th birthday

Bethlehem Voortrekker High School celebrates 120th birthday Venue: Bethlehem Voortrekker High School, Bethlehem

2 September 2022

Good Morning Breakfast

06:00 – 09:00 (OFM Outside Broadcast)

Bethlehem Voortrekker High School celebrates its 120th year with a fun festival weekend for young and old from Friday, 2 September!

Good Morning Breakfast will broadcast live from the school’s celebrations on Friday from 06:00 to 09:00.

Saturday’s Voortrekker Wildsfees includes performances by Droomsindroom en Die Rowers. Tickets are available online from Ticketpro at R80 for adults, R50 for learners, and R50 for pre-schoolers.

Bethlehem Voortrekker High School, which was established in 1902, is a school of academic excellence and a happy, vibrant environment where a healthy balance prevails between academics, sport and culture. To learn more about Bethlehem Voortrekker High School, visit voortrekker.co.za.


WAT MAAK BETHLEHEM VOORTREKKER SO ANDERS? 

 BVHS se eerste geregistreerde skoolbaadjie in Suid-Afrika, reeds gedra vanaf 1928, of dalk ons seuns se pette? Opstaan vir ons skoolhoof en bladskud as ons groet. Dit alles kweek Trekkertrots. ‘n Eie skoollied sedert 1940 – ‘n skatkis van volmaakte tradisies – trots onbeskryflik groot – ‘n uniekheid ongekend. Ons gedenksteen wat spreek van tradisies, geskiedenis en ‘n eie uniekheid. 

ONS SKOOL IS GESTIG IN 1902 EN IS VANJAAR 120 JAAR! Bethlehem Voortrekker Hoërskool het in 1870 sy ontstaan gehad in die NG Kerk. Na die Anglo-Boereoorlog is Dr. Clarke as die eerste skoolhoof in 1902 aangestel. In 1938 is die skool herdoop van Bethlehem Hoërskool na Bethlehem Voortrekker Hoërskool ter herdenking aan die Groot Trek. Voortrekker bly gestand doen aan ons leuse: NON SIBI SED PATRIAE. (Nie vir myself nie, maar vir my vaderland!)

As dit tyd word vir geesvang, raak saalperiodes elektries en aansteeklik. Trekkergees. Met ons skoolkreet sal ons oorlog toe gaan. Ons ry die geesgolf behoorlik! 

AKADEMIE is ons topprioriteit. Daarom kan sukses op die gebied toegeskryf word aan beroepsgerigte vakkeuses, interaktiewe borde met nuutste tegnologie, toegang tot internet en bekwame onderwysers. Dit is ook die redes waarom Bethlehem Voortrekker een van die top akademiese skole in die Vrystaat is. In die Fisiese en Lewenswetenskapklasse fokus ons om wetenskaplikes te kweek wat slim genoeg is om ook ingenieurs, dokters en boere te kan word. Ons boerevereniging is die plek waar plaasjapies by die skool hul slag kom wys. Hier kry leerders die geleentheid om praktiese ervaring op te bou! Lekker boeredae word bygewoon en hul het boonop hul eie hemde wat hulle met trots dra. 

 VOORTREKKER IS 'N OMVATTENDE SKOOL met 'n volledige tegniese afdeling waarmee die leerder 'n N3-sertifikaat kan verwerf. In die meganiese en siviele tegnologieklas lei ons hulle op om te hê wat nodig is om nie net te help wanneer 'n motor foutief is nie, maar ook om meubels in ons ten volle toegeruste werkswinkels te sweis, ontwerp en te maak. Meganiese Tegnologie sluit motorwerktuigkundiges in; in Siviele Tegnologie leer hulle meer oor houtwerk, bourekenkunde en argitektoniese planne. Ingenieursgrafika en -ontwerp is ook 'n verpligte vaardigheidsvak. Tegniese Wiskunde en Tegniese Wetenskap kan hier as 'n opsie gekies word. Voortrekker is ook ‘n fokusskool vir Gasvryheid en Toerisme. In 2022 kry ons ‘n volledige toegeruste gasvryheidsklas met ‘n restaurant wat ook die publiek gaan bedien. Toerisme word nou ook as ‘n keusevak ingesluit by ons vakpakket. In graad 8 en 9 begin ons leerders reeds met Gasvryheidstudies. Die Gasvryheidsklas is een van die gewildste klasse, veral op die dae waar die voornemende sjefs prakties doen. Die heerlike kosreuke maak mens mal! Ons reël funksies en sorg dat ons personeel ons proefkonyne is vir nuwe geregte ... dalk nie ‘n slegte plan vir ‘n afdag nie. 

OP KULTUURGEBIED is ons ook legendes. Sewe soorte kultuursake word uitgewoed deur super sensasionele sterre in wording en sewe hope vol talentgroepe gaan groot en skitter saam: debat, redenaars, serenadesing, Voortrekkers, musiek, tienertoneel/drama, Blitsbrein! Kultuur is spreekwoordelik almal se toevlug! 

VOORTREKKER SE UITSTEKENDE SPORTFASILITEITE maak almal se horisonne oop. Hier by Voortrekker swel ons borskaste van trots en loop ons voete die pad van suksesvolle sport. Met die beste fasiliteite sukkel ons spanne nooit. Ons swemmers skep nogal die plons. Van die Interhoër tot die Suid-Afrikaanse Nasionale Oopwaterkampioenskappe - noem maar op; ons is daar! Van tennissterre met Wimbledon-talent wat landwye toernooie met hul smashes aandurf tot doelwagters met moed om enige oortreding te keer. Ons talentvolle spelers verseker dat ons meeding teen die top 20 spanne in die land op die Astro-hokkieveld. Vlugvoetigheid tot balans op die netbalbaan en ‘n oog wat kan korrel vir ‘n doel. Sportmangees tot veglus. Niks te groot of te moeilik nie! Ons bly op ons voete. By Voortrekker help ons mekaar op as een struikel of val. Op ons sportvelde kweek ons wenners. Kry ons drome vlerke en geniet ons elke oomblik. ‘n Helpende hand, ‘n optel as jy val, ‘n niks-teveel-moeite atmosfeer. G’n wonder ons skool spog met die meeste Vrystaat-atlete wat ryk na die groen en goud nie. ‘n Aflosspan wat die rekord breek op Vrystaat-interhoër. ‘n T20-krieketspan wat onder die top spanne eindig in die Vrystaat! ‘n Eerste klas kolfblad, oefenhokke en ‘n spankamer om op trots te wees. Hier slaan ons sesse vir sukses! Maar rugby is ‘n kultuur van sy eie by Bethlehem Voortrekker. Dirkie is ons eerstespan se gelukbringer; sy verjaardag word jaarliks gevier. Hierdie meneer is, glo dit of nie, reeds 68 jaar oud. ‘n Swart trui-tradisie ‘n wens vir menige jong seuns. Dit word ook nou al vir langer as ‘n halwe eeu gedra. Bethlehem Voortrekker is een van die beste rugbyskole in die Griffonstreek. Puik afrigting en kondisionering is die wenresep vir ons sukses. Verskeie provinsiale en nasionale spelers kom uit ons skool. 

ONS KOSHUIS is ‘n ware huis weg van die huis. Kinders kom van ver om hier Bethlehem-water te kom drink. Gangkompetisies, herinneringe, busdienste en wifi maak van ons koshuis ‘n unieke ervaring. Ons groet ons klip, ons sing ons lied, ons sê dankie vir vyfsteretes. En nooit is ons eensaam in hierdie huis weg van die huis nie. 

OP VOORTREKKER-VELDE SKYN DIE SON ALTYD. In Lewensoriëntering leer hulle ons dat 'n gesonde liggaam 'n gesonde gees huisves. Maar ons plaas dade by ons woorde en oefen! Hier in ons hoëprestasiesentrum word ons deur ons eie sportwetenskaplike voorberei vir elke sport wat ons beoefen. Daar is ook die geleentheid vir oefensessies om ons koppe skoon te maak. Ons roei en trap in die gimnasium met 'n skouspelagtige uitsig oor die dorp! Dit maak ons net rats vir die volgende sosiale of bal.

DIE OUDSTE SKOOL VAN BETHLEHEM wat omring is met goue koringvelde. Ons skoolied spreek ons harte aan. Hier sal ons trou en suiwer wees. Ons waardes is gebaseer op ons Rots. Integriteit, respek, trots, dankbaarheid. Om net ‘n paar te noem. 

Bethlehem Voortrekker is 'n skool waar diversiteit eenheid is.

View All

News

Israel verskerp aanvalle op Iran-gesteunde militante groepe

“Die aanvalle wakker vrese van ’n oorlog in die Midde-Ooste aan.”  Read More


Skandinawiese vlug voer noodlanding uit weens muis

“ ’n Muis het uit haar kos uitgespring.”  Read More


Afrika-jeug staan voor kruispad – peiling

“Byna 60% van jong Afrikane wil die vasteland verlaat omdat hul regering nie korrupsie onder beheer het nie.”  Read More


Fransman in hof nadat meer as 50 mans sy vrou verkrag

“Die polisie het daarna honderde foto’s en video’s van sy vrou op sy rekenaar gevind.”  Read More


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.