On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams
Bring jou hart na Kimberley se Yonder Hartsfees

Bring jou hart na Kimberley se Yonder Hartsfees Venue: MALU Park, Hendrik van der Bijl-straat, Kimdustria, Kimberley


24 – 28 Augustus

Yonder Hartsfees vind plaas vanaf 24 tot 28 Augustus 2022 by MALU Park in Kimberley!

Bring jou gesin en geniet ‘n heerlike fees. Plaaslike kunstenaars sal optree en daar sal unieke en interessante produkte by die feesstalletjies te koop wees. Bring jou hart!

Die fees sal fondse in samel om die Yonder-projek, vir persone met intellektuele gestremdhede in die Noord-Kaap, te onderhou en te bevorder.

Jy kan uitsien na:

24 Augustus

  • Haakbosskerm ete met Piet Pompies

25 Augustus

  • Snotkop optrede
  • Ollie Die Singende Nar

26 Augustus

  • Christia Visser, Posduif, Loufi, Lizz Meiring en Mathys Roets optredes
  • Ollie Die Singende Nar

27 Augustus

  • 'n 5km ‘Colour Run’
  • Leef jou geur oggendtee
  • Dr Victor, Leah en Heuning optredes
  • Ollie Die Singende Nar

Kaartjies kan hier gekoop word.

Vervoer na Yonder Hartsfees is beskikbaar. Bel Maru Mthu Logistics by 073 749 0462.

Vir verdere inligting, besoek:

facebook.com/Hartsfees

yonderhartsfees.co.za

OFM is 'n trotse mediavennoot van Yonder Hartsfees.

Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens het met Jannie van Zyl gesels om uit te vind wat die Yonder Hartfees behels. Luister hier:

At Lunch se Cyril Viljoen het met Lizz Meiring gepraat:


Yolanda het ook met Snotkop gesels: 

 

View All

News

Mosambiekse opposisieleier keer terug ondanks ballingskap

Die Mosambiekse opposisieleier, wat al weke lank in ballingskap is vanwaar hy ’n beroep doen op ’n nuwe vlaag betogings, het gesê hy sal Donderdag na die land terugkeer.  Read More


Zimbabwe se afskaffing van doodstraf ‘groot stap vorentoe’

Die VN verwelkom die afskaffing van die doodstraf in Zimbabwe en moedig ander lande aan om sy voorbeeld te volg, of ten minste ’n moratorium op die doodstraf in te stel.  Read More


New Orleans-aanvaller het hulp gehad – FBI

Die verdagte in die New Orleans-aanval wat 15 mense vermoor het toe sy bakkie tydens Nuwejaarsvieringe in ’n skare ingeploeg het, het nie alleen opgetree nie, meen Amerikaanse ondersoekers.  Read More


Noordwes: Man in hof ná diefstal van ambulans, pasiënt en al

’n Man (24) wat na bewering ’n ambulans met ’n pasiënt daarin gesteel het, is blitsig ná die beweerde diefstal in hegtenis geneem.  Read More


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.