On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Women's Month Blog

Ingrid Jonker – Stem in die donker

───   10:00 Tue, 09 Aug 2016

Ingrid Jonker – Stem in die donker | News Article
Ingrid Jonker

Ingrid Jonker is beslis een van die land se mees gevierde digters.


Selfs oudpresident Nelson Mandela het aan haar kragtige, tog klein ouvre erkenning gegee met die lees van haar gedig, “Die kind” in Afrikaans, tydens sy toespraak by die opening van die eerste demokraties verkose parlement op 24 Mei 1994.

Net drie digbundels van Jonker is ooit gepubliseer. Belangstelling in haar werk en veral ook in haar kort en tragiese lewe was ná haar dood veel groter as toe sy geleef het. Wat min mense egter weet, is dat Jonker ‘n boorling van die Noord-Kaap was. Sy is op 19 September 1933 in Douglas gebore.

Jonker is die tweede dogter van dr. Abraham Jonker, 'n skrywer en Nasionale Party-politikus, en Beatrice Cilliers. Jonker se vader het haar moeder nog voor Jonker se geboorte verlaat. Saam met haar moeder en haar suster, Anna, het sy by haar grootouers, wat naby Kaapstad geboer het, ingetrek. Sy het op 19 Julie 1965 selfmoord gepleeg deur in die see in te loop in Drieankerbaai, Kaapstad.

Die akteurspaar, Erik Holm en Tinarie Van Wyk-Loots, het onlangs die toneelstuk Plant vir my ’n boom, André tydens vanjaar se Vrystaat Kunstefees opgevoer.  Die stuk handel oor die aand voordat André P. Brink sy eredoktorsgraad in Leuven ontvang het, waar hy in ’n rolstoel sit en Jonker aan hom verskyn.

OFM het die geleentheid gehad om met hulle te gesels oor hoe hulle Jonker leer ken in die studie van die stuk.

Van Wyk-Loots meen die aktivis wat Jonker was, iemand wat kon opstaan teen onregte, is iets waarmee sy haar kan vereenselwig.


Maricelle Botha & Christal-Lizé Muller/OFM Nuus


Podcasts

Maricelle Botha & Christal-Lizé Muller vind meer uit oor Sestiger, Ingrid Jonker.:

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.