The Good Morning Breakfast
Charlize Berg: "Selfsorg is nou belangriker as ooit"─── 08:07 Thu, 12 May 2022

Ons lewe in 'n gejaagde, wilde wêreld en vergeet soms om aan onsself aandag te gee, maar sangeres Charlize Berg verduidelik hoekom ons nie in daardie strik moet trap nie.
Bekende musikant Charlize Berg werk voltyds en sien om na haar kinders deur dit alles. Soos baie ander ma's is sy ook geneig om die fokus op almal om haar te plaas en haarself te vergeet, maar Charlize waarsku dat dit nie 'n gesonde uitkoms bied nie.
"Sommige oggende het ek nie eers tande geborsel of gestort nie, maar my kinders was reg. Ek het skuldig gevoel wanneer ek tyd aan myself spandeer het of vir myself iets gekoop het," sê Charlize.
Luister na die volle onderhoud hier: