On Now
Weekends 16:00 - 20:00
OFM Decades James
NEXT: 20:00 - 23:59 The Music Man Mix with The Music Man
Listen Live Streams

South Africa

Regering van Nasionale Eenheid: ‘Kalmte, wysheid moet seëvier’

───   06:43 Tue, 25 Jun 2024

Regering van Nasionale Eenheid: ‘Kalmte, wysheid moet seëvier’ | News Article
President Cyril Ramaphosa het weer samewerking beklemtoon. Foto: GCIS

“Dit is belangrik dat kalmte en wysheid seëvier tydens die laaste stadium van onderhandelinge.”

Spanning neem toe tussen die ANC en DA oor die vorming van die Regering van Nasionale Eenheid.

Steenhuisen, DA-leier, sê egter ’n ooreenkoms met die ANC kan binne ’n dag of twee aangekondig word ná positiewe gesprekke met president Ramaphosa.

Die DA-leier het ’n groot gedeelte van Maandag in ’n een-tot-een-vergadering met president Cyril Ramaphosa in Pretoria deurgebring en was optimisties daarna. “Die vergadering was ongelooflik positief en ek glo ons is baie nader daaraan om ’n oplossing te vind wat vir alle Suid-Afrikaners kan werk,” het Steenhuisen gesê.

“Die onderhandelingspanne van al die partye het uitstekende werk gedoen. Wat die Nederlandse koalisieregering ses maande geneem het om te navigeer, het Suid-Afrikaanse partye binne ’n paar weke reggekry.”

Sonder Steenhuisen se party sou die alternatief ’n koalisie wees tussen die ANC, EFF en MK-party wees. Steenhuisen het dit die “oordeelsdagkoalisie” genoem.

“Ons verstaan die las en ons moet doen wat reg is vir die land en veral vir die meer as drie miljoen Suid-Afrikaners wat hul stemme aan ons toevertrou het,” het hy gesê.

Daar is die naweek berig dat die DA op die adjunkpresidentskap aangedring het.

‘DA laat gaan eis oor adjunkpresident’

Helen Zille, DA-federale voorsitter, het aan die ANC-sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, ’n voorstel gemaak dat die DA 11 kabinetsposte wil hê, insluitend dié van adjunkpresident in 'n regering van nasionale eenheid.

Steenhuisen het egter aan The Citizen gesê hoewel dit normaal is in ’n koalisie dat die tweede-grootste party die nommer twee-posisie toegeken word, het die DA dit laat gaan ten gunste van 'n meer regverdige kabinet.

“Dit is nuwe terrein vir die DA,” het Steenhuisen gesê en bygevoeg: “En nuwe terrein vir die land.

“Dit is belangrik dat kalmte en wysheid seëvier tydens die laaste stadium van onderhandelinge.”

Kleiner partye wat minder stemme gekry het as die aanvanklike 2%-drempel wat die ANC gestel het, het ook onlangs deelname aan die GNU aangekondig. Dit sluit Rise Mzansi, Good, die PAC en Multi-Party Coalition en die Vryheidsfront Plus in. Al Jama-ah het ook op die wa gespring nadat hy die GNU eers verwerp het.

Die DA het vroeër gister in ’n verklaring gesê hy streef na ’n inklusiewe en regverdige verdeling van kabinetsposte waar partye wat byvoorbeeld net ’n klein gedeelte van die stemme getrek het, nie buite verhouding beloon word nie.

‘Ons hou vol dat ons uiteindelik die land eerste moet stel’

“Dit sal nie regverdig wees om ’n Kabinet-setel toe te ken aan ’n party wat minder as ’n persent van die stemme gekry het nie en dan slegs drie setels toe te ken aan ’n party wat 22% van die stemme gekry het,” het die verklaring gelui.

Berigte wat daarop aandring dat die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) die samesprekings oorneem en die DA om die tafel verwyder, het Steenhuisen gesê, was nog altyd 'n opsie vir die ANC. “Ons hou vol dat ons uiteindelik die land eerste moet stel,” het hy gesê.

OFM Nuus cg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.