Rugby
Bokke en Engeland gelyk 6-6 halftyd , Kingspark─── 17:58 Sat, 09 Jun 2012

Xander Snyders
Suid Afrika speel vandag op Kingspark , Durban, die eerste van drie toetse teen Engeland met koel en nat omstandigehede.Heyneke Meyer ,die afrigter van die Springbokke ,het reeds aangedui die Bokke sal meer konserwatief moet speel, Engeland sal die nat omstandige verwelkom veral met hulle fisieke agttal en groot voorspelers.Die vaste fassette , skrums en lynstane, gaan ‘n groot rol speel in die wedstryd.
Engeland het vroeg in die wedstryd gewys hulle is fisies en klinies by die losgemale en reeds in die sesde minuut ‘n strafskop afgedwing om die eerste drie punte te verseker met ‘n strafskop. Bokke , Morne Steyn ,het hul rekening in die dertiende minuut geopen met ‘n strafskop na uitstekende spel deur Willem Alberts om die telling gelyk te maak , 3 elk. Alhoewel die Bokke balbesit verloor in die losgemale het hul momentum opgebou en druk geplaas op die verdediging van Engeland, veral die dartel lopies van Hougaard, Bryan Habana en Zane Kirchner. Engeland het egter hul geleenthede gebruik en in ses en twintigste minuut ‘n maklike strafskop deur die pale gejaag om voor te loop 6-3. Die Bokke word egter nie so maklik geklop nie en het dadelik geantwoord met ‘n strafskop om die telling gelyk te maak 6-6 wat ook die lemoentyd telling was. Morne Steyn het in die laaste minuut ‘n strafskop gemis wat die bokke met ‘n voorsprong kon kleedkamer toe stuur.
Tipiese fisieke harde toets rugby met Willem Alberts aan die voortou met Eben Etsebeth en Juandre Kruger ,was staatmakers ,in die eerste helfte vir die Bokke ,die slotpaar kan trots wees op hul debuut begin. Die voorry manne, Jannie du Plessis, Bismarck en Beast Tendai Matawarira het ook gewys hulle kan saam met die harde baard manne gesels. In die agterlyn was veral Bryan Habana en Zane Kirschner effektief. Francois Hougaard het die Engelse aan die raai gehou met sy dartel lopies en het ook goed verdedig. Die Bokke sal egter harder moet werk by die afbreek punte en ook hul balbesit beter moet beskerm veral by afbreekpunte, en ook hul spel tempo moet lig. Daar word egter uitgesien om spelers soos Adriaan Strauss op die veld te sien in die tweede helfte.
Engeland soos verwag het baie konserwatief gespeel en was klinies by die afbreekpunte en het omgekeerde balbesit verseker. In die agterlyn was die buite senter, Manu Tuilagi, uitstekend met sy verdediging.
Punte:
Springbokke: Driee: Verdoel: Strafskoppe: Morne Steyn(2)
Engeland : Driee: Verdoel: Strafskoppe:Owen Farrell(2)