Rugby
Vodacom Blou Bulle kies vir opwarmingstryd teen Namibie─── 11:12 Wed, 09 Feb 2011
Sy gereelde kaptein, Gerrit-Jan van Velze, voer weer die Vodacom Blou Bulle se Vodacombekerspan aan in hul eerste wedstryd vanjaar, ‘n vriendskaplike kragmeting teen Namibië in Windhoek.
Van Velze het die span in 2010 gelei toe hulle die Vodacombeker-kompetisie gewen het, maar hy is een van die min gereelde spelers wat moet paspoorte inpak.
Denzil Frans, wat die span tydelik afrig, het verskeie nuwelinge ingesluit, met Ulrich Beyers (WP o.19), Louis Fouché (Luiperds o.21) en Dustin Jinka (WP Vodacom) wat vir die eerste keer vir dié span sal speel. Jinka het reeds vir die Blou Bulle in die Curriebeker gespeel en Van Velze, Fudge Mabeta en Frik Kirsten vir die Bulls in Super Rugby. Die res van die span bestaan hoofsaaklik uit spelers van die Blou Bulle se suksesvolle o.19- en o.21-spanne van verlede seisoen.
Die Vodacom Blou Bulle se span vir Saterdag 12 Februarie 2011 se wedstryd teen Namibië in die Hage Geingob-stadion om 15h30 is:
Ulrich Beyers, Courtnall Skosan, Bradley Moolman, Franco Maritz, Dirk Dippenaar, Louis Fouché, Dustin Jinka, Gerrit-Jan van Velze (k), CJ Stander, Tendayi Chikukwa, Cornell Hess, Mthunzi Mabeta, Frik Kirsten, Henri Bantjes, Juan Pike. Plaasvervangers: Zane Botha, Juan Schoeman, Andries Ferreira, Marnus Schoeman, Danie Faasen, JC Roos, Pieter van der Walt. - The Bulls