Other News
OFM Sportredakteur gesels met Geraldine Pillay─── 15:27 Thu, 16 Sep 2010
Owen Kock
Bloemfontein. - In die jongste skandaal waarby Atletiek SA betrokke is, het die bekende atleet Geraldine Pillay erken dat sy sonder haar medewete met 'n verbode middel ingespuit is. Pillay, 'n silwer medalje wenner in die 100 m vir vroue by die Statebondspele, het aan my gesê sy was onder die indruk dat die middel waarmee ‘n spandokter haar in 2008 ingespuit het, ‘n vitamien mengsel was. Aanvanklike inligting oor die opkikker-voorval het vandag in ‘n dagblad verskyn waar dié koerant 'n verslag van ‘n ouditeursfirma aangehaal het. Pillay se dit is snaaks dat die verslag juis nou verskyn, ‘n paar dae voor die ASA verkiesing…
OFM Sportredakteur gesels met Geraldine Pillay: