On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Wedvlugduiwe onder skoot in Vrystaat

───   ROBYN SCHUTTE 13:46 Fri, 12 Jul 2024

Wedvlugduiwe onder skoot in Vrystaat | News Article
Foto: Cedric McDermott

“Elke Saterdag tussen 07:00 en 10:00 vlieg ongeveer 50 000 wedvlugduiwe oor die Vrystaat wat dan geteiken word.”

Die voorsitter van die Gauteng Posduif Unie het sy kommer uitgespreek oor die toenemende probleem van wedvlugduiwe wat afgeskiet word terwyl hulle oor die Vrystaat vlieg. Hierdie kwessie het weer aandag gekry nadat foto’s op Facebook gedeel is, soortgelyk aan dié wat ’n paar jaar gelede gewys het hoe duiwe in die Vrystaat doodgeskiet is.

Die Gauteng Posduif Unie, wat bestaan uit vyf unies, vlieg elke Saterdag duiwe oor die Vrystaat. Hy sê elke Saterdag tussen 07:00 en 10:00 vlieg ongeveer 50 000 wedvlugduiwe oor die Vrystaat wat dan geteiken word. 

‘Minstens 5% van die duiwe word geskiet’

Dit is moeilik om presies te kan sê hoeveel duiwe verlore gaan, maar Frik Kruger, voorsitter, skat dat minstens 5% van die duiwe elke Saterdag geskiet word. Dit gebeur dikwels omdat boere bosduiwe, wat sonneblomsaad vreet, probeer afskrik en in die proses wedvlugduiwe raakskiet. Kruger verduidelik dat wedvlugduiwe nie op lande eet nie, maar eerder by hul  huis. Dit maak hulle weerloos in die lug teen skietvoorvalle.

Kruger sê die unie ly groot skade weens hierdie skietvoorvalle. Wedvlugduiwe is baie geld werd en as hulle doodgeskiet word, is dit vir hul eienaars ‘n groot finansiële verlies. Hy wys daarop dat die unie sonneblomsaad van boere aankoop wat ’n wederkerige voordeel vir die boer en die gemeenskap skep.

Wedvlugduiwe kan maklik van bosduiwe onderskei word deur hul grys voorkoms in die lug, terwyl bosduiwe donkerder is. Hy vra boere om Saterdae tussen 07:00 en 10:00 nie te skiet nie sodat die wedvlugduiwe veilig kan verbyvlieg.

Kruger het sy kommer uitgespreek oor die groot verliese wat deur die unie gely word en het boere gevra om bewus te wees van die skade wat veroorsaak word. 

OFM/Agriculture dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.