On Now
Weekends 09:00 - 12:00
Classic Sundays Tony
NEXT: 12:00 - 16:00 Classic Sundays with Christie
Listen Live Streams

Agriculture

Landbousakevertroue op laagste vlak sedert 2009

───   13:00 Tue, 25 Jun 2024

Landbousakevertroue op laagste vlak sedert 2009 | News Article
Foto: Getty Images

"Daar is steeds ’n mate van pessimisme in die sektor hoewel sommige subsektore die jaar goed begin het."

Die sakevertroue-indeks vir landbou het in die tweede kwartaal tot 38 punte gedaal. Dit is die laagste vlak sedert die derde kwartaal van 2009 en dui op ’n algemene pessimisme onder landboubesighede.

Wandile Sihlobo, hoofekonoom van die Landbousakekamer (Agbiz), verduidelik dat die midsomerdroogte se invloed op somergraan- en oliesaadproduksie een van die groot faktore is wat bygedra het tot die daling in die indeks. Dit word saam met die Nywerheidsontwikkelingskorporasie saamgestel. Bykomende uitdagings sluit in swak padinfrastruktuur, onvoldoende munisipale dienslewering, voortslepende dieresiektes en verhoogde geopolitieke spanning.

‘Onsekerheid oor die vorming van ’n nuwe regering’

Sihlobo sê onsekerheid oor die vorming van ’n nuwe regering tydens die opname (10-19 Junie) moontlik ’n negatiewe sentiment onder landboumaatskappye veroorsaak het. Hierdie tydperk het saamgeval met samesprekings oor ’n regering van nasionale eenheid ná die verkiesing in Mei.

Die indeks bestaan uit tien subindekse, waarvan vyf in die tweede kwartaal van 2024 gedaal het, terwyl die res matige verbetering getoon het.

Afnames in subindekse

  • Omset: Het met 22 punte tot 31 gedaal – die laagste vlak sedert 2020. Hierdie daling weerspieël die verwagtinge van swak somergraan- en oliesaad-oes in ’n omgewing waar insetkoste steeds hoog is wat druk plaas op die gewas- en veesektore.
  • Netto bedryfsinkomste: Het met 13 punte tot 35 gedaal wat die finansiële druk van die midsomerdroogte op landboumaatskappye weerspieël.
  • Indiensneming: Het met twaalf punte tot 38 gedaal wat aandui dat die droogte se invloed op werkgeleenthede moontlik eers later sal begin wys.
  • Kapitaalbeleggings: Het met vier punte tot 46 gedaal wat verband hou met afname in verkope van trekkers en stropers sedert die begin van die jaar.
  • Uitvoervolume sentiment: Het met 14 punte tot 21 gedaal. Dit is in ooreenstemming met die verwagte afname in uitvoervolume vanjaar ná verlede jaar se rekorduitvoer van $13,2 miljard.

Verkope van trekkers en stropers het afgeneem. Foto: Getty Images

Verbeterings

  • Markaandeel: Dit het met ses punte tot 65 gestyg. Verbeterings is aangeteken deur respondente in insette, wintergewasse en sekere finansiële dienste.
  • Algemene ekonomiese toestande: Het met nege punte tot 38 gestyg. Dit is steeds onder die neutrale punt van 50. Hierdie herstel hou verband met verwagtinge van verminderde beurtkrag en verbeterde BBP-voorspellings.
  • Algemene landboutoestande: Het met 28 punte tot 46 gestyg wat die einde van die intense El Niño-siklus en die verwagte La Niña weerspieël, wat broodnodige reën vir somergewasse sal bring. Die huidige winterseisoen toon ook gunstige produksietoestande.
  • Voorsiening vir slegte skuld: Het met drie punte tot 31 gestyg wat dui op moeilike finansiële toestande vir sommige boerderye, veral in somergraan.
  • Finansieringskoste: Het met vier punte tot 23 gedaal wat aandui dat landboumaatskappye verwag dat rentekoerse binnekort sal daal – belangrik vir 'n sektor met meer as R205 miljard se plaasskuld.

Sihlobo sê daar is steeds ’n mate van pessimisme in die sektor, hoewel sommige subsektore die jaar goed begin het. Die oorheersende invloed van die midsomerdroogte, tesame met langdurige ondoeltreffendheid in netwerkbedrywe, speel ’n groot rol. Ten spyte van bekommernisse oor politieke vooruitsigte tydens die opname, is die aanvanklike reaksie op die nuutgestigte regering van nasionale eenheid positief en finansiële markte weerspieël hierdie optimisme.

OFM Agri dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.